Die liefde wen – Deel 3

Clara draai weg van Nico. Haar skouer koud gerig teen hom.

“Clara asseblief.” Sy kyk na hom. Haar gesig emosieloos. “Vandag is my klein Clara se verjaardag. Jy het deuidelik vergeet.” Nico sug diep. “Ek het nie. Ek wou net nie…” Sy val hom in die rede. “Ek gee nie om wat jou verskoning is nie. Clara sal altyd eerste kom in my lewe.” Sy draai om en stap na haar slaapkamer. Nico gaan rus op sy hurke met sy rug teen die kombuiskas. “Wat meer kan ek doen Here? Wat meer kan ek doen?” Sy frustrasie rol eensaam oor sy wang.

Die foon lui. Nico vee sy oë droog en stap vinnig aan. “Wie sal die tyd van die oggend wil bel?” Hy tel die foon van die mikkie ergelik op. “Hallo,” “Goeiemôre vir jou ook seun.” Die stem is vriendelik so vroeg. Te vriendelik. “Hallo ma,” Clara se ma weet altyd net wanneer om te bel. “Hoe lyk jul planne vir vandag?” Nico leun met sy skouer teen die muur, sy arms half gevou. “Soos sake nou staan gaan ek weer die hele dag op die sitkamerbank spandeer en Clara toegesluit in ons kamer.” Hy is moedeloos. Siek en sat gesmeek. Sy kneë rou van al die bid. “Kom oor vir tee. Kom ons vier vandag Clara se eerste verjaardag. Wat sê julle daarvan?” Stilte. “Nee dankie ma.” Antwoord Clara se stem aan die anderkant. Sy het die oproep afgeluister. “Ons stel nie belang nie. Clara is dood, nie lewendig nie.” Sy slaan die foon hard neer. Nico bly ‘n oomblik in stilte luister na sy skoonma se skok asemhaling. “k is jammer ma.” “Dit is geen probleem nie seun. Ek het maar net probeer help.” “Ek weet. Dankie.” Sy stem breek en dan sit hy die foon sag neer. Sy slape klop van ‘n aankomende hoofpyn.

Clara lê in haar bed. Toegewikkel in ‘n pikdonker kamer. So donker soos haar binneste. Nee, amper. “Clara,” Daar is die sagte stem weer. Sy voel ‘n Hand op haar skouer. “Nico. Nie nou nie.” Sy trek die komberse stywer oor haar kop in die hoop om eerder te versmoor, want haar eie pyn versmoor haar tog ook inelkgeval. “Clara, My kind.” Sy stol ‘n oomblik. Waarom sal Nico haar sy kind noem? Sy loer effens oor die komberse. In die spieël van haar grimeertafel sien sy ‘n man agter haar sit. Hy vat weer aan haar skouer. “Clara,” Sy gaan sit stadig regop. Haar oë glo nie wat sy sien nie. Kan dit Hy wees? “Het U my kom haal? Is dit tyd?” Hy glimlag sag vir haar. “Nee.” Nou waarom sit U op my bed?” Sy sluk moeilik aan die verdikte hartseer in haar keel. “Ek het gekom om jou gerus te stel. Jy gaan hierdie oorleef. Hierdie sal ook verby gaan.” “Dit is nie moontlik nie. Watter tipe mens oorleef die dood van ‘n kind wat sy moontlik nooit sou gehad het nie en nou geen kinders weer sal hê nie. Geen vrou kan dit oorleef nie.” “Jy is reg. Geen vrou in haar eie kan dit oorleef nie, maar elke een wat dit wel oorleef het, het hul geloof in my geplaas. Is jy bereid om my te vertrou?” Sy oë is sag en gevul met liefde. “Die goeie werk wat Ek in jou begin het sal Ek voleindig.” Sy woorde stel haar gerus. ‘n Vrede wat sy nog nooit van tevore geken het nie vul haar. “Ek sal U vertrou.”

Daar is ‘n klop aan haar deur. “Binne.” Sy sit met haar hande vol snesies.” Nico stap versigtig in. “Dit is ok. Kom sit hier by my.” Clara slaan so paar keer langs haar op die bed. “Met wie het jy gepraat?” Sy wil vir hom vertel, maar besluit liewer daarteen. “Al wat ek weet is dat ons hierdeur ook gaan kom.”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s