Die lewe stamp – Deel 1

Dit is ‘n helderblou Herfsoggend in Clarens. As daar een ding van die dorp is wat jy moet weet is dit dat hierdie dorp die aankoms van die Winter luidkeels kan aankondig met ‘n helder inkleurkryt blou.

Hoe loop mens verby iemand sonder om hulle te stamp? Hoe kry jy te doen met iemand sonder om hulle seer te maak? Dit is seker maar hoe die lewe is. Ons almal is net. Ons loop verby vreemdelinge sonder om hul in die oë te kyk en te glimlag. Ons baklei vir dit wat ons in onse self glo reg is, maar die ander ou veg weer vir dit wat vir hom reg is. Die boere en die engelse het vir dieselfde God gebid voor die geveg begin het. Elkeen het gevra dat die oorwinning hul eie s’n sal wees. Wie is dan nou eintlik reg? Hierdie selfde vrae het Lea haarself afgevra waar sy by die tafel by die ‘Artist Café‘ gesit en slurp het aan haar derde beker koffie vir die dag.

Dit voel soos gister toe sy vir Liam ontmoet het. Dit was presies so helder Herfsoggend soos vandag. Die geknars van die herfsblare onder haar tekkies was die enigste geluid tussen haar en die voetpaadjie teen die berg. Haar asem was warm teen die koue lug. Elke treë het ‘n wolk asem weer in haar eie gesig terug gewaai. Sy het ‘n oomblik gaan staan om haar brandende longe teruste te bring en die natuurskoon van die berg en toegegroeide voetpad te bewonder. Eenkant op ‘n tak het ‘n vinkie gesit en die nuwe dag aankondig. Toe hoor sy dit.

Voete wat op die paadjie val. Amper in ‘n ritmiese galop. Lea duik in ‘n nabye bos in. Sy kan die draai van die paadjie van daar af sien. Die klank word al harder soos die persoon nader aangedraf kom. Sy krul haar vingers ferm om haar pepersproei blikkie. Na die vorige insident gaan sy nêrens sonder dit nie. Sy sien die man aangedraf kom. Lank en skraal met ferm bene. Breë skouers. Nie ‘n local nie. Hy stop skielik reg voor haar bos. Sterk sy bene. Sy sitvlak is self ook nie te sleg nie. Lea glimlag vir haar belaglike opmerking. Sy was maar nog altyd beenaf vir ‘n man met ‘n mooi sitvlak. Haar nek kriewel. Haar blonde hare het in slierte om haar nek gaan hang. Sy krap die kolletjie stadig. Versigtig om nie ‘n geluid te maak nie. Haar enkel kriewel. Sy krap. Die vreemdeling staan steeds daar. Hy buk af om sy skoenveter vas te maak. Haar skouer kriewel. Sy kyk vlugtig. Klein swart spinnekoppies skarrel oor haar skouer na haar arm. Sy spring verwoed uit die bos en land bo-op die vreemdeling. Hulle albei gil hard. Sy gryp haar pepersproei en spuit hom reg in sy oë! Hy skree van skok en pyn tegelyk. Sy spuit haar lyf ook vol en stik van die sproei. Haar oë traan van die brandende uitwerking wat die sproei om haar het.

Spinnekoppe! Kry hulle af!” Die vreemde drawwer spring op en begin haar liggaam toe oë klap. Bo, onder, links regs. Lea kry ‘n paar houe teen haar kop ook. Sy gee hom ‘n stewige hou teen sy neus. Hy val neer op sy kneë en swets hard.

Vir wat doen jy dit?” Hy vou sy hande oor sy neus om die bloed te keer. Sy oë steeds toe. Nou geswel en met rooi omkring. Lea bring haarself tot bedaring. Sy skud haarself af en ril by die gedagte van die spinnekoppe. Hopelik het hulle nie in versteekte plekke ingekruip nie.

Vir wat draf jy op my pad?” Sy staan met haar hande in haar sye. Bekyk die verslae man.

Laaste wat ek gesien het was hierdie ‘n publieke roete.” Sy grinnik.

Seker as jy nie gereeld hier draf nie.”

Gaan jy my help of nie?” Vra hy bloedneus en brandende oë.

Waarmee?”

Ahem…” Hy vat sy hande van sy gesig af weg.

Ag sies man. Net omdat jy so gross is kan jy maar my gesiglappie leen.” Die lappie is klam van haar sweet, maar die vreemdeling is dankbaar dat hy sy oë kan afvee. Hy maak sy oë stadig oop. Knip ‘n paar keer om te fokus.

O, dis jy.” Sê hy afgewater.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s