Die lewe stamp – Deel 2

Wat bedoel jy met ‘O, dis jy’ ?” Lea gooi haar hande oordadig in die lug. Alewig die drama koningin. Liam kyk op na haar waar hy op die voetpaadjie sit met sy elmboë op sy opgetrekte knieë gerus.

Ek bedoel. O, dis jy wat elke dag verby my huis draf.” Hy sug moedeloos en vryf weer sy oë.

Jy draf elke dag verby my huis. Hier in van Zyl straat. Ek bly reg onder teen die voetpad.” Hy staan regop. Lea kan nie anders as om sy breë skouers en sterk kakebeen op te merk nie. Sy oë is bloedrooi geswel. Dit lyk of hy ‘n week lank gehuil het en hoe komies dit ook nou vir Lea lyk, sukkel sy om haar skielike irritasie vir die man weg te steek.

So nou hou jy my dop en duidelik agtervolg jy my ook?” Sy mik weer met die pepersproei. Liam keer met sy hande voor sy gesig.

Asseblief nee. Ek agtervolg jou nie. Ek het net eenvoudig besluit om vandag vroër te draf.” Lea laat sak die blikkie, wat sy met ‘n stewige greep voor haar uitgestrek hou, stadig.

Nou maar goed. Jy lyk in elkgeval nie meer in staat om my aan te val of om te draf nie. Ek sal saam met jou terug stap.” Liam knik dankbaar en glimlag. Lea se blonde slierte omraam haar gesig en hy kan nie anders as om haar sagte gelaatstrekke en groot oë op te merk nie.

Die koel lig streel oor Lea se wange. Elke tree wens sy korter. So aantreklik as wat Liam is, soveel pla hierdie situasie haar. “So wat doen jy?” Sy probeer die ongemaklike stilte breek.

Ek is ‘n kunstenaar.” Sy stem is strelend. Amper gerustellend.

O, nes elke ander tweede persoon hier in Clarens.” ‘n Skerp opmerking wat sy byna dadelik berou.

Askies, ek bedoel dit nie sleg nie.” ‘n Vinnige verskoning in die hoop om die situasie te red.

Jy is reg. Daar is baie kunstenaars in hierdie dorpie, maar net een ek.” Hy glimlag ingenome.

Hoe doen jy dit? Hoe bly jy so positief wanneer daar soveel kompetisie is?” Lea gaan staan ‘n oomblik stil en bekyk ‘n veldblommetjie teen die voetpaadjie.

Mens het twee keuses in die lewe. Sink of swem.” ‘n man van min woorde dink Lea.

Jy sê nie veel nie huh?” Sy kyk op van die blom na hom. Hy tree nader en neem die blom uit haar hand.

A picture can speak a thousand words.” Daar is die glimlag weer. Lea vat die blom terug.

Het jou ma jou nooit geleer om nie iets te vat sonder om te vra nie?” Hy kyk af op haar vanuit sy ses voet lengte.

Nee, sy het my wel geleer om nie met vreemdelinge te praat nie.” Lea lag hardop.

Lea. Aangename kennis.” Sy steek haar hand uit. Hy neem haar hand en soen die agterkant.

Bly te kenne. Liam.” Sy bloos.

Jy het nognie vir my gesê wat jy doen nie.” Lea stap vooruit in die smal paadjie.

Ek besit ‘n plaaslike gallery.” Sy voel Liam se oë op haar rug.

Snaaks hoe die lewe is. Twee vreemdelinge wat gaan draf en in ‘n kwessie van sekondes deur hordes spinnekoppe bymekaargebring word.”

Wat bedoel jy met bymekaargebring?” Haar stem is sag waar sy oor haar skouer praat.

Vanoggend was ons vreemdelinge en nou is ons vriende.” Die gedroogde blare knars onder hul voete en iewers koer ‘n duif. Lea staan skielik stil.

Ek sou beswaarlik sê ons is vriende, Liam. Kennisse meskien, maar vriende… Nognie.” Sy praat vorentoe terwyl hy steeds agter haar loop.

Jy sien Liam. Dit is die probleem wat ek het met vandag se mense. Almal dink hulle is jou vriende, maar die ding met vriende is…” Liam rol sy oë.

Gaan jy eerlikwaar vir my preek?” Lea draai verwoed om. Haar oë skielik warm.

Die ding met vriende is, hulle is daar vir jou. Hulle is daar wanneer jy down en out is. Hulle is daar wanneer jy presteer. Hulle is daar om jou aan te juig. En jy is daar vir hulle. Kennisse aan die anderkant is mooiweersvriende.” 

Ek neem aan jy is onlangs deur vriende, jammer, kennisse gebrand?” Hy loer onderlangs na haar en rus sy hande op haar skouers. Sy tuit haar mond en skud sy hande ergelik af.

Ek dink ons het genoeg gepraat.” Sy swaai om en draf terug na haar woonstel.

Die deur kraak soos sy dit oop stoot. Sy moet onthou om olie te kry daarvoor. Ja Lea. Net nOg iets op jou lysie van dinge om te doen. Die reuk van vars koffie hang in die kombuis. Sy gooi vir haar ‘n beker in en pluk die sitkamergordyne oop.

Ja Lea Stafford. Op aanval soos gewoonlik. Dalk is dit waarom jy nie ware vriende het nie.” Sy gaan sit op die balkon van haar woonstel. Die mis hang nog laag oor die Maluti berge. Golden gate sluimer in die skadu van die oggend. Die begin van ‘n nuwe dag.

Nonsens met jou Lea. Jy gaan nie toelaat dat iemand soos Liam met jou kop smokkel nie. Dit is platvloers om so iets toe te laat. Weet wat jy in die lewe wil hê en vat dit.”

Die dag by die gallery is uitmergelend. Lea kruip heeldag in haar kantoor weg. Sy hoor susan praat met ‘n kliënt. Seker maar tyd om te gaan groet. Sy staan moedeloos op en trek haar bloes reg nadat sy haar snyersbaadjie aangetrek het. Haar hakskoene klik-klak oor die antieke plank vloer.

Voor haar staan ‘n lang skraal man met donker hare. Netjies geklee in ‘n denim en moderne hemp. Susan draai na haar om die kliënt voor te stel.

Liam, Lea, Lea, Liam.” Die man draai stadig op sy hak om met sy hande in sy broeksakke. Hy steek sy hand na haar uit.

Dankie Susan. Ons het reeds ontmoet.” Lea sit haar hand in syne om hom te groet. Hy soen die agterkant van haar hand en sy bloos.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s