Beste amper bruid.

8d180014a3a3278e520eb141cfd8fff5

Beste amper bruid,

Eerstens. Baie geluk met JUL verlowing! Dit is wonderlik en ek is een honderd present seker daarvan dat jy op ‘n wolkie sweef. Elke dag en nag droom jy van jul groot dag. Die dag waar jul voor die kansel en teenwoordigheid van God ewige trou aan jou man sal sweer tot die dood jul skei. Hashtag relationshipgoals…

Dit is wonderlik en is ek saam met jou baie opgewonde, maar as vrou van amper ses en half jaar se getroude lewe en ma van twee sal ek jou graag wil raad gee indien jy my so sou toelaat.

Ek weet dit is wonderlik om ‘n man vas te hou met ‘n six pack en opgepompde spiere, maar ek het ‘n vraag vir jou. Gaan daardie spiere en six pack steeds saak maak oor vyf jaar? Oor vyf jaar gaan jul heel waarskynlik een of twee of meer, (Dit is moontlik), babas ryker wees. Gaan daardie ‘looks’ van jou aanstaande so aantreklik wees wanneer jy vir die soveelste maal in die nag opstaan om ‘n bottel te maak of om ‘n doek te ruil of wanneer jy al ‘n week lank met jou baba in die hospitaal is omdat hy of sy siek is?

Gaan julle liefde vir mekaar genoeg wees? Die rede waarom ek dit vir jou vra is omdat liefde en looks nie altyd genoeg is nie. Soms het jy baie meer as liefde nodig, want wanneer jy vir die soveelste maal gedurende die nag wakker word, of teen drie uur die oggend nog geen slaap in het as gevolg van ‘n koliek baba of susters wat elke drie ure jou kind, wat jy sopas na ure se gesukkel aan die slaap het, om sy koors te meet gaan daardie looks wat jy nou so aankleef vir jou niks beteken nie…

Jy gaan heel moontlik kortaf wees met jou man. Jy gaan vir die soveelste keer oor sy skoene val wat hy laat rondlê en jy gaan met hom baklei. Jy gaan met hom baklei oor sy nat handdoek op die vloer. Jy gaan met hom baklei oor sy skoene, sy wasgoed wat reg langs die mandjie gegooi is en enige ander ding. Jy gaan hom as jou klankbord gebruik. En weet jy wat?

Hy gaan jou ook as sy klankbord gebruik. Hy gaan met jou baklei omdat jy vir die soveelste dag nog in jou pajamas sit en jou hare slordig is. Hy gaan jou heel moontlik aankyk asof jy van ‘n ander planeet is omdat jy nognie grimering aan het nie.

Om getroud te wees is om dinge na ‘n heel ander vlak te vat. Jy mag dalk sê: “Ons bly dan saam. Niks gaan verander nie.”

Dit gaan.

Al die opwinding van die troue en die honeymoon word baie vining ‘n verre herinnering. Daar is niks wat jou kan voorberei vir die lewe na die groot dag nie, maar gaan julle liefde vir mekaar genoeg wees? Is jy bereid om salf aan sy aambeie te smeer? Is jy bereid om sy kouse en vuil wasgoed vir die soveelste maal op te tel? Nou sê jy heel moontlik: “Ek gaan net eenvoudig nie sy goed was nie. Ek gaan sy handdoek los sodat dit maar muf.” Weet jy hoe ruik ‘n handdoek wat muf? Weet jy hoe om so handdoek skoon te kry?

Jy sien. Ons is geskape om die kroon van ons man te wees. Nee, nie sodat jy op sy kop kan sit nie. Sodat jy hom kan versier. Sodat jy sy arms omhoog kan hou wanneer tye swaar raak en glo my maar, dit KAN swaar raak.

Adam was alleen en eensaam. Geen dier op hierdie aarde was ‘n gepaste maat vir hom nie. God het toe vir Eva geskape uit Adam se rib. Hy het haar gebou en Sy Asem in haar geblaas. Eva is geskape as hulp vir Adam. Om ‘n seën tot hom te wees.

Ons is geskape om te doen dit wat ons mans nie kan doen nie. Ons is nie geskape om ons mans te ‘match’ in dit wat hulle kan doen nie… Ons is nog minder geskape om hulle te hied en gebied soos skoothondjies nie.

In die toekoms wanneer jy oorweldig voel met jou take as vrou en ma, dink aan dit wat ek sopas gesê het. Wat as jy eendag wakker word en daar is nie skoene om oor te val of nat handdoek om op te tel nie? Dien jou man soos wat jy, jou God sal dien. Doen alles tot eer van die Here en hou jou man se arms omhoog in daaglikse gebed. Bid vir jou man en as daar ‘n probleem is, moenie met iemand anders daaroor praat nie. Praat met jou Koning daaroor. Hy het immers vir Adam geskape; en vir Eva. Jy sal nêrens anders beter raad kry nie.

Geniet elke oomblik van jul groot dag en vier dit gereeld, mag liefde genoeg wees vir jul.

Groete

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s