Die verneukery – Deel 1

Milan sukkel om haar oë oop te kry. Die dikkerige klammigheid brand. Iets ruik soos bloed. Sy wil dit afvee, maar besef haar hande is agter haar rug vasgebind. Sy stik van die stof wat uit die matras styg met haar rukkerige bewegings. Sy lê ‘n oomblik stil. Probeer dink. Dan onthou sy.

Sy was op pad na haar motor nadat sy die nodige inkopies gedoen het. Iemand het van agter gekom en haar aan haar poniestert geruk. Sy het probeer terugbaklei en hardop gegil. Die indringer het haar in ‘n bussie ingeboender en die bestuurder het weggejaag. Sy onthou die harde hou teen haar kop. Die res is ‘n dowwe waas.

“Heeelp! Heelp!” Sy probeer hardop gil, maar haar stem is hees. Haar keel brand en sy is dors.

Daar is beweging by ‘n deur. Haar oë wil steeds nie oop nie.

“Wie okal jy is. Ek hoop jy het ‘n lap om my gesig af te vee.”

Die deur gaan weer toe. Lang tree kom nadergestap. Milan tel.

Een, twee, drie.

Die voete staan stil. Die vertrek kan nie te groot wees nie. Sy ruik die vars gepoleerde skoene voor haar gesig.

“Get up.” Die stem is donker. Diep.

“Kan jy sien ek kan nie.” Haar antwoord te skerp.

Twee groot hande gryp haar vas en pluk haar reggop. Sy steier agteruit, maar voor sy val keer die hande haar weer. ‘n Klam lap word oor haar gesig gedruk en die hand vee oor haar oë daarmee. Die lap ruik na mif. Haar maag draai. Sy probeer weer haar oë oopmaak. Dit gaan moeilik, maar die borskas van ‘n man word duideliker voor haar. Sy kyk op. Die donker man se gesig is stu. Hy ruk haar nader aan haar arm en maak haar sit op ‘n stoel.

“Wat soek jy met my?”

“Not you, your husband.”

Milan verstaan nie. Wat sal hy met Theunis soek.

“Hoe bedoel jy?”

“Your husband owes the boss.”

Hy stap oor na die anderkant van die vertrek. Die punt van ‘n slagtersmes blink in ‘n skamele sonstraal wat deur ‘n gaatjie in die dak skyn.

“Wag. Asseblief. Moenie.”

Die man stap nader. Sy treë lank. Spannend.

“Hy sal betaal. Alles wat julle wil hê. Asseblief moenie my seermaak nie.” Haar stem pleitend.

Die mespunt kom tot stilstand onder haar ken.

“Shut up. He has twentyfour hours.”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s