Die verneukery – Deel 2

Milan se koue liggaam voer rukbewegings uit waar sy op die matras in die hoek van die vertrek lê.

Die dowwe reuk van muf hang in die lug. Groot druppels val op die sinkdak en die wind sing om die hoeke van die huis. Milan maak haar oë stadig oop. Die lig is flou, maar sy kan die skaduwee van haar oppasser uitmaak waar hy op die stoel aan die slaap geraak het. Die kombers wat hy oor homself gegooi het, het afgeglei. Milan sukkel regop. Die toue waarmee haar gewrigte vasgebind is het haar polse al rou geskaaf. Die boeie om haar enkels is ook te styf. Sy sal op haar hande en knieë moet kruip of wriemel om die kombers te kry. Haar spiere voer steeds sametrekkings uit van die koue. Sy gaan sit met haar knieë opgetrek en hou haar bene vas met haar saamgebinde gewrigte. Onseker oor haar lot in hierdie koue vertrek. Onseker of Bernard tOg dit wat hy skuld sal betaal.

Sy huil sag. Haar oë in haar knieë gedruk wens sy, sy het tog besluit om eerder haar gym klere as haar geskeurde skinny jeans aangetrek gister. Hoelaat is dit nou? Hoe lank word sy al vermis? Weet Bernard dat hy net vier en twintig uur het? Haar maag grom en haar mond is droog. Die speeksel wat uitgeloop het toe sy geslaap het, het droog geword in die hoek van haar mond. Sy proe steeds die bloed wat oor haar gesig geloop het. Die lap waarmee haar oppasser haar gesig gevee het lê langs die matras. Sy kyk weer oor na die man waar sy liggaam slap lê in die stoel. Langs hom staan ‘n halfgedrinkte bottel bier. Sy kan nie onthou wanneer laas sy alkohol ingeneem het nie. Sy is nou so dors dat sy asyn sal drink. Is dit hoe dors Jesus gevoel het toe hy gevra het vir water aan die kruis? Nee, dit moes veel erger gewees het. Die gedagte aan Jesus aan die kruis en dit wat Hy vir haar gedoen het gee Milan meteens weer hoop.

“Ek kan nie toelaat dat hierdie situasie my onder kry nie. Daar is steeds soveel om voor te leef. Soveel wat steeds gered moet word.” Haar stem is sag in haar skoot. “Here, gee my die krag om hierdeur te kom. Al is dit my laaste sal ek dit doen vir U.”

Haar eerste oorwinning sal wees om die kombers te kry, die res sal vanself kom. Sy bereken die afstand van waar sy op die matras sit tot by die kombers. Die vertrek is klein. Die afstand kan nie langer as twee meter wees nie. Sy skep diep asem en trek haar knieë diep teen haar bors. Met haar voete styf teenmekaar gedruk lig sy haar linkerboud en skuif links vorentoe, dan doen sy dieselfde met haar regterboud. Sy beweeg om die keer vorentoe met haar boude. Dankbaar vir die duisende squats wat sy agter die blad het om haar boude ferm te kry bereik sy die kombers. Haar mond is selfs droër as toe sy begin beweeg het. Sonder om te dink sluk sy die drank af. Die slap liggaam op die stoel beweeg. Milan vries van skok en vir ‘n oomblik hou sy op met asemhaal. Hy sak weer terug in sy slaap. Verlig sit sy die bottel sag neer langs die stoel. Sy vat die komberspunt in haar hande en begin weer agteruit beweeg.

Op die matras gaan lê sy weer in die fetusposisie. Sweet druppels van angstigheid verskyn soos pêrels oor haar voorkop. In ‘n oomblik van waansin het sy haar lewe gewaag om haar liggaam warm te kry. Die oppasser op die stoel hoes homself wakker. Hy kom orent. Milan maak of sy slaap. Hy kyk verstom na haar waar sy knus onder die kombers lê. Hy verstaan dit nie, maar daar skyn ‘n lig op haar gesig. Dit reën steeds buite en daar is nêrens ‘n opening waar die lig kan deurkom nie. Hy probeer aan haar gesig vat, maar sy hand brand. Milan voel hoe hy naby aan haar beweeg en dan skielik wegruk. Onbewus van die beskerming oor haar.

“Wake up.” Hy ruk aan haar skouer. “Wake up.” Die lig verdof weer toe sy sukkelend regop sit.

Sy gaap kamtig en vee haar oë met die bokant van haar hande.

“Wat is dit? Is Bernard hier?” Sy speel dom. Haar stem slaperig. Sy was ie verniet die top drama student van haar universiteit nie.

“Are you sick?” Sy kan sien die man staar geskok na haar.

“Nee, hoekom?”

“Your face was burning.” Hy sit sy hand teen haar voorkop.

“Dit was seker Jesus wat my beskerm het.” Sy glimlag.

“What?!” Hy spring op.

“I said, it was Je…” Voor sy kan klaar praat lui sy selfoon.

Hy antwoord. Sy stem is stram en saaklik. Hy druk die foon terug in sy sak.

“You are going home.”

Milan is verlig, maar hartseer terselfdetyd. Sy kan nie hierdie kans laat verby gaan nie.

“Do you know Jesus?”

“Who?” Hy lyk verbaas omdat sy die gesprek verder voer. Terwyl hy omdraai om die mes op die stoel te gaan haal praat sy verder.

“Jesus of Nasareth. The Son of God. The King of Kings. God. Do you know Him?”

“No. Do I want to?” Sy antwoord deurboor haar.

“Jesus just protected me from you wanting to hurt me.” Sy kyk af na haar hande. Hy sny die toue los.

“What is your name?” Sy kyk vir die eerste maal in die donker poele van sy oë.

“Joseph.” Hy sukkel om weg te kyk van haar.

“Joseph. Jesus’ Fathers name was Joseph. To make a long story short. Jesus came so that all who believe in Him will not perish, but have eternal life.” Milan sien die skielike flikkering in Joseph se oë.

“He died on the cross for all sins. He loves all people. He died for you to Joseph.”

‘n Klop aan die deur versteur die gesprek. Hy maak die boeie om haar enkels los. Twee ander donker mans stap in. Joseph gee haar aan hulle oor.

“They will take you home.” Hy glimlag sag. “You are free to go.”

Een van die mans gryp haar aan haar arm. Sy roep oor haar skouer na Joseph.

“If you get to know Jesus Joseeph; we will see eachother again soon.”

Haar laaste woorde hang lig in Joseph se gedagtes toe die deur toe gaan. Hy stap uit met die doel om nooit weer deur die baas gevind te word nie en Jesus te ontmoet.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s