Griet kom weer – ‘n Resensie

images(Foto krediet – Google 😉

Griet kom weer. Die opvolg van die sensasionele Griet skryf ‘n sprokie wat in 1992 gepubliseer is.

Griet is nou tien jaar ouer en wyser as in haar vorige storie. Eva, haar dogter, is ook nou groter en meer ingenome met haar ma se verhale as voorheen. Griet ontmoet die liefde van haar lewe, Luca die Italian Stallion, terwyl sy in Amerika tydelik klas gee aan ‘n Universiteit. Luca  is ook tydelik daar. Luca speel met poppe. Lewensgroot marionette waarmee hy teater dramas aanbied en verhale uit die mitologie uitbeeld. Luca het sy vrou Zdena aan die dood afgestaan nadat hul huis afgebrand het en sy en hul twee jarige dogtertjie Clio albei gesterf het. Luca maak hul oudste dogter Sophia, beter bekend as Sophia die wyse; soos Griet haar noem. Sophia en Eva is baie goeie maats. Teen die tyd dat Griet en Eva moet terug gaan na Suid Afrika en Luca en Sophia na Italië, nooi Griet vir Luca om saam met haar op ‘n Oddusee deur Suid Afrika te reis.

Op hierdie Oddusee word Griet geteister deur ‘n oog infeksie en oorpyn. Hulle geniet dit om om elke hoek en draai mekaar se lywe te verken. Ek stel dit ligtelik. Hierdie boek is baie goed vir jou huweliksbed. (Tong in die kies met ‘n knipoog.)

Sophia die wyse is ‘n donker karakter wie aanklank vind by Griet se broer Marko. ‘n Fotograaf wat oral rondreis om foto’s van die oorlog te neem.

Elke karakter is goed deurdink en volrond geskryf. Ek het baie genot geput uit die mitologie wat hierin gekombineer is en het dit op ‘n stadium gevoel of ek self Griet is. Ek geniet die skrywer se skryfstyl met haar groot woorde. Hoewel hier nie ‘n spesifieke doel is waarnatoe die hoofkarakter werk nie, sou ek in my mening sê dat dit is om ook haar eie gelukkige einde in haar eie sprokie te verkry. Elke sprokie het ‘n gelukkige einde, waarom dan nie vir Griet ook nie? Griet kry haar gelukkige einde, ek sou net graag ook daarvan wou lees, maar sal my eie einde opmaak daaroor.

Hierdie was my heel eerste Marita van der Vyver boek en het ek dit aanvanklik moeilik gevind om te lees, maar dit het my nuuskierigheid oor die mitologiese verhale en karakters geprikkel. My woordeskat het ook majestieus uitgebrei. 😉

Ek sal hierdie boek in my opinie ‘n agt uit tien gee en dit aanbeveel vir elke leser wat hou van lekker lag, huil en wonder. Hierdie boek sal jou verseker laat dink oor die lewe en algemene dinge in perspektief plaas.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s