Lasarus – Deel 1

Die reëndruppels hardloop streep resies teen die mure van die klei huis in Judea. Martha is besig om vars lensie sop oor die vuur te maak. Haar gesig is vertrek van bekommernis oor haar broer. Lasarus is al ‘n geruime tyd siek en hul sukkel om hom gesond te kry. Die plaaslike geneesheer se kruie en mengsels wil nie werk nie. Sy vee ‘n sliert wat benat is deur die sweet oor haar voorkop weg met die agterkant van haar hand. Sy het dae gelede geslaap en haar liggaam pyn van moegheid.

“Hoe gaan dit hier?” Maria wat net ‘n paar weke gelede Jesus se voete gewas het met haar trane en haar laaste duurste parfuum oor Hom uitgegooi het sit ‘n mandjie vars gebakte rolletjies op die tafel neer. Martha skuif die pot van die vuur af en draai na haar. Haar oë wel op met trane. “Nie goed nie. Ons broer se toestand het verswak en ek het geen meer antwoord nie. Net ‘n wonderwerk sal hom nou kan red. Maria tree nader en gooi haar arms om haar suster. Sy hou haar styf vas en vryf haar rug asof om ‘n baba te troos terwyl hul heen en weer wieg. Martha wikkel haar los uit haar suster se omhelsing. “Ek is raadop. Wat gaan ons doen?” Maria kan sien hoe moeg Martha is en haar eie bekommernis oor Lasarus is nie minder nie. “Gaan slaap jy ‘n ruk. Ek sal na ons broer omsien en die sop klaar maak.” Sê sy troostend. Martha knik gehoorsaam en sug swaar toe sy omdraai om na haar kamer te gaan.

Lasarus lê op sy bed in sy kamer in die bo vertrek. Sy laken is natgesweet en sy liggaam pyn onophoudelik. Die mengsel wat deur die geneesheer gegee is vir pyn is klaar, maar sy liggaam trek steeds ineen. Maria verskyn in die deur. Hy kreun en wink haar nader met ‘n handgebaar. Sy stap stadig nader en kniel langs sy bed. “Hoe voel jy?” Lasarus sukkel om te praat, maar kry tog ‘n woord uit. “Jesus” prewel hy. “Shhh, moet eerder nie praat nie. Jesus is tans uitstedig.” Lasarus haal vlak asem. “Jesus” prewel hy weer. Maria neem die klam lap uit die skottel water en vee sy gesig af. “Rus broer, ek sal oor ‘n kort rukkie vir jou sop bring.” Lasarus maak sy oë gehoorsaam toe. Maria stap terug om die sop oor die vuur warm te maak. Sy weet; net Jesus sal haar broer gesond kan maak.

Die huis slavin is besig om die borde gereed te kry op die tafel wat Lasarus self gemaak het. “Ek wil jou stuur met ‘n boodskap.” Sê Maria ernstig vanagter haar. “Gaan na Jesus en gee vir Hom hierdie boodskap van my en Martha af. Die een wat U lief het is siek. Kom gou.” Met daardie woorde vertrek die slavin om na Jesus te gaan sodat Hy vir Lasarus kan kom genees.

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s