Lasarus – Deel 2

Jesus sit saam met Sy dissippels onder ‘n Vyeboom naby die stadspoort. Hulle hou die besigheidsmanne dop en gesels oor die onlangse gebeure en wonderwerke. Jesus se oë is sag. Dit glimlag wanneer Hy na jou kyk. Mense sê jy kan Sy liefde in Sy oë sien. Die oë is die vensters van die hart.

Martha en Maria se slavin stap haastig nader aan Jesus en die dissippels onder die boom. Sy is dors en haar voete vuil. Haar kopdoek is besig om los te gaan, maar sy het nie nou die tyd om dit weer vas te bind nie. Sy moet hierdie dringende boodskap by Jesus kry. Eenkant sien sy ‘n man sit. Sy klere is geskeur en hy lyk verwaarloos. Sy sal hom moet vra waar Jesus is. Sy stap nader, maar toe sy by hom kom sien sy dat hy nie kos by hom het nie. Sy haal haar laaste brood uit haar sak en offer dit aan hom. Hy steek sy verrimpelde hande dankbaar uit na haar. “Verskoon my,” Vra sy sag. “Weet u meskien waar Jesus is?” Die ou man kyk op na haar en sy sak neer tot op haar hurke sodat sy in sy oë kan kyk. “Hy is daar by die stadspoort.” Die man wys met ‘n bewerige hand in die rigting van die stad. “Baie dankie” Die slavin staan op en stap nader. Sy is onseker of sy na die groep by de poort self moet gaan of na die groep onder die boom. Sy kies die laasgenoemde. Hulle is dertien manne bymekaar. Elkeen verskillend van mekaar en tog so dieselfde. Sy stap stadig nader aan hulle en staan stil voor hulle met haar hoof gebuig. “Kan ons u help?” Vra Petrus. Die slavin kyk op en direk in die oë van Jesus. Dit is waar. Sy liefde ís in Sy oë. “Ek is opsoek na Jesus. Ek het ‘n boodskap van Maria en Martha, die susters van Lasarus.”

Jesus staan op en tree nader aan haar. “Dit is ek wie jy soek.” Sy stem is sag en bemoedigend. “Die een wat u lief het is siek.” Prewel sy. Jesus kyk na haar waar sy na haar voete staar. Te bang vir dit wat Hy dalk in haar eie oë sal sien. “Hierdie siekte sal nie eindig in die dood nie. Dit is vir die heerlikheid van God, sodat Sy Seun daardeur verheerlik kan word. Ons sal nog twee dae hier vertoef en dan sal ons opgaan na Judea.” Die slavin is diep geraak. Sy kyk na Hom in Sy oë vol sagmoedigheid. “Vergewe my, my Heer, maar Lasarus is baie siek. Hy is op sy sterfbed en vra na U.” Jesus plaas Sy hand op haar skouer. “Moenie bang wees nie. Hierdie siekte sal nie in die dood eindig nie.”

Op pad terug na Judea is die slavin verstom in Jesus se besluit. Besef Hy nie die erns van die saak nie? Martha staan buite en uitkyk vir Jesus en Sy dissippels. Sy sien iemand op die horison aangestap kom. Sy hardloop so vinnig as wat haar kort bene haar kan dra. Die slavin hardloop haar ook tegemoed. Uitasem hyg sy. “Ek is jammer. Jesus sê Hy sal eers oor twee dae hiernatoe kom. Hy sê die siekte is om tot God eer te bring en Sy Seun te verheerlik. Hy sê die siekte sal nie in die dood eindig nie.” Martha trek haar nader en omhels haar. Warm trane stroom oor haar stowwerige wange. “Dankie dat jy gegaan het.”

Lasarus se asemhaling is swaar. Sy liggaam maak ruk bewegings van pyn en sy koors is erger as enige van die vorige dae. Maria vee sy gesig met ‘n klam lap af. “Jesus” Prewel hy en blaas sy laaste asem uit.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s