Jy is nie wat met jou gebeur het nie.

IMG_5472

As daar een ding in hierdie lawwe liewe lewe is wat ek al in my kort tyd op planeet aarde geleer het is dit dat; dit wat met jou gebeur nie jou identiteit hoef te bepaal nie. Jy is baie beter as enigiets wat al ooit met jou kon gebeur het. Dit wat met jou gebeur het was net ‘n stepping stone tot die persoon wie jy veronderstel is om te word. Soms laat daardie einste steppingstone ons voet wankel en plons ons plat op ons gesig in die rivier, MAAR jy het ‘n keuse. Gaan jy sink of gaan jy swem?

As ek ooit moes sink van omstandighede in my verlede sou ek dalk lankal verdrink het. Ek dink dit is juis ons veggees waarmee ons gebore word wat verhoed dat ons sink en verdrink. Dit bly steeds jou keuse, maar ek is dankbaar dat ek elke maal die keuse maak om eerder op te staan en aan te gaan.

Jy sal nou heel moontlik vir my sê: “Ja Sonéll, maar jy was nog nooit in my situasie nie. Dit is makliker gesê as gedoen.” Ek weet ja. Ek was nog nooit in jou situasie nie. Ek het nog nooit nodig gehad om jou battles vir jou te fight nie, maar jy was nog nooit waar ek was nie en jy het ook nog nooit my battles gefight nie. Ek kan jou verseker dat jy baie beslis van die wilskrag om te oorleef besit in jou binneste. Jy moet net die keuse maak. Hier is ‘n paar wenke om ‘Resilient’; of in Afrikaans, Veerkragtig te leef. Om veerkragtig of Resilient te wees beteken dat jy na elke hou van die lewe wat jou agteruit laat steier weer terugkom en harder terugklap. Daar is ‘n Engelse gesegde wat as volg lui: After every setback, there is a comeback. Ek het nog altyd my veerkragtigheid in die Here gevind. Nie by mense nie. Net by die Here.

Aanvaarding

Erken jou omstandighede en jou gedagtes. Aanvaar jou emosies en jou lewe soos dit is. “Train your mind to remain calm in every situation” – Millionare Division Jy gaan nooit jou omstandighede en emosies kan aanvaar vir dit wat dit is tot en met jy nie jou gedagtes geleer het om kalm te bly nie.

Bly kalm

Gee jou emosies en gedagtes die nodige aandag wat dit verg. Leer om jou ongemaklike gevoelens te verdra. Gevoelens en emosies is goeters en daarom kan jy dit beheer. Jy is meer as net jou emosies. Jy is ‘n intelligente wese wat jou emosies kan beheer en nugter kan dink oor jou negatiewe gedagtes sodat hul in die positiewe kan verander.

Wees oorspronklik

Wees eg aan jouself. Leer om jou emosies en dit wat jy beleef uit te druk in jou woorde. Sê wat jy wil hê en wees duidelik daaroor. Moenie terughou nie. Niemand gaan weet as jy nie gaan praat nie. Moenie skaam wees nie en vra vir hulp as jy dit nodig het.

Wees realisties

Slegte dinge KAN met jou gebeur. Dit kan met enige Jan rap en sy maat gebeur. Slegte dinge gebeur met goeie en slegte mense. Wees voorbereid daarop en moenie toelaat dat die krisis jou kalmte steel nie.

Vertrou in jouself

Glo in jouself en wees optimisties oor jou eie vermoë wat die Here in jou geplaas het. Filippense 4:13. Jy kan enigiets doen as jy net jou kop in die ding kry. Jou grootste geveg is in jou gedagtes.

Improviseer

As daar een baie goeie talent is wat ek het en hou van om te gebruik is dit om te improviseer. Wees kreatief in jou krisis. Die paw-paw het die fan gestrike. Maak ‘n koppie teë en bekyk die situasie vanuit ‘n ander hoek. Jy sal verbaas wees hoe maklik ‘n uitdaging opgelos kan word.

Betoon Dankbaarheid

Fokus op dit wat jy het en hou op om te tob oor dit wat jy nie het nie of dalk verloor het. Hou ‘n dankbaarheidsjoernaal en skryf elke dag daarin waarvoor jy dankbaar is.

Werk hard

Niks het al ooit net in iemand se skoot geval nie. Die miljoenêr in sy kantoor het nie sommer net daar ingestap nie. Met harde werk en konsikwentheid gaan jy baie ver gaan.

Vind jou roeping

Vra jouself af waarom jy doen wat jy doen. Waarom wil jy hierdie spesifieke ding doen? Wat dryf jou? As dit jou passie is en jy aan niks anders kan dink wat jy eerder sal wil doen nie is dit jou roeping. Stel dan vir jou doelwitte en werk hard om dit te bereik.

Ondersteuning

Kry ten minste een persoon wat bereid is om jou aan te jou op die baan na sukses. Kry iemand wat jou sal aanmoedig, maar wat ook vir jou sal sê wat jy moet hoor i.p.v wat jy wil hoor. Wees dan aanspreeklik teenoor hierdie persoon.

En op die ou einde, leef vreesloos. Doen alles met al die passie binne jou. Jy het nie soveel tyd in hierdie lewe as wat jy dink nie. Die heel belangrikste reel van hierdie leefwyse is om alles dan vir die Here te doen. Dit is NET Hy wat jou die begeertes van jou hart sal gee as jy Hom in alles ken.

Toodles!

One thought on “Jy is nie wat met jou gebeur het nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s