Engelkind

Engelkind

Haar skouers ruk waar sy vooroorgebuk sit op my rusbank. “Dit is my skuld.” Snik sy. “Dit is my skuld dat hulle gaan skei.” Haar wange gloei van bitterheid. Sy is nog so klein. Hoe kan sy moontlik dink dat dit haar skuld kan wees? Sekerlik het iemand dit aan haar verduidelik? Sy is oud genoeg om te verstaan. Ek trek haar nader en laat haar op my skoot lê. Haar fluweelsagte blonde hare val sag oor haar gesig en word deurdrenk met haar rou trane.

“Ssshh.” Sus ek haar. “Dit is nie jou skuld nie. Die wêreld is vol gemene mense en onbeantwoorde vrae. Ek wil hê jy moet verstaan dat dit nie jou skuld is nie.”

Sy gaan sit regop. Blaas haar neus en vee haar trane af. “Ek het eergister vir my maats gesê dat my ma’le nooit sal skei nie. Nou?” Sy huil weer. Geen klank kom by haar mond uit terwyl haar gesig vertrek van die pyn nie. Haar vuiste is spanningsvol gebal in haar skoot. “Dit is my skuld. Ek moes mooier na my sussie gekyk het. Ek het gehoor hoe hulle baklei. Ons kos teveel geld. Hulle het nie geld om ons groot te maak nie.”

Binne my breek my hart in tienduisend stukke. Dit is asof iemand ‘n tien pond hammer gevat het en geslaan het net waar dit seermaak.

“Ek maak altyd moeilikheid. Ek is ‘n oorlas vir mense. Oral waar ek kom verdwyn hulle geld. Ek kan nêrens werk nie, ek is nog te klein.” Sy huil harder.

“My engelkind, as jy net geweet het dat jou grootmaak en die kostes daaraan verbonde nie jou verantwoordelikheid is nie. Dit wat jy nou voel gaan nooit weggaan nie. Hierdie seer wat jou asemhaling sper en jou liggaam verlam, dit gaan nooit weg nie, maar ek gaan jou verseker, jy gaan ‘n sterk vrou word. Jy het ‘n vuur binne jou wat geen wind of storm sal kan blus nie. Jy sal altyd deurdruk en altyd sterker word. Jou geloof is juis dit wat aan jou die vrede sal gee om aan te gaan. Dit voel nie nou vir jou so nie, maar ek weet jy sal.” Haar glasoë staar in ongeloof na my. Haar hande nou slap in haar skoot. “Hoe weet jy?” Haar stem bedaard en ontspanne.

“Jy sal eendag verstaan hoe ek weet. Dit is nie vir my om dit aan jou bekend te maak nie. Jy moet net hierdie woorde onthou: Jy is sterk. Jy is braaf. Jy is vreesloos.” Ek laat haar daar om oor daardie woorde na te dink. My koffie beker is leeg en ek staan op om nog te maak. Sy glimlag vir my toe ek omdraai om na haar te kyk en in daardie oomblik verdwyn sy soos ‘n waas, asof sy nooit daar was nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s