So vertrou ek op die Here.

Ons verstaan nie altyd hoekom of waarom ons deur sekere tye gaan nie, maar ons kan die EEN vertrou Wie ons hand vashou daardeur. 

Ek het die afgelope week of so deur ‘n dip gegaan. Ek was moeg. Ek was emosioneel en sielkundig uitgeput. My glimlag het begin ‘fade’. Vanmiddag toe ek weer vir die soveelste maal in trane uitbars op my man se skouers het ek besef waaroor dit gaan. Ek het my man hierdie volgende vraag gevra:

“Hoekom kry party mense soveel dinge wat ek ook begeer so maklik?” Hy kon nie vir my raad gee nie, maar toe ek die woorde hardop sê toe besef ek wat in my hart aangaan. 

Verstaan asseblief. Ek gun elke liewe persoon die sukses wat hul toekom. Ek gun dit vir hul dat die Here hulle hartsbegeertes raaksien en antwoord. Ek is gladnie jaloers op ander se vooruitgang nie, inteendeel, as ek hulle kan help om verder te gaan as ek self dan doen ek dit met die grootste liefde in my hart. 

Na my vraag was ek op ‘n stadium alleen in ons kamer en die Heilige Gees het my herinner aan ‘n video clip wat ek gesien het. In die video clip het die spreker ‘n storie vertel waar hy in ‘n restaurant gesit het en mense wat na hom ingekom het, het voor hom hulle kos gekry. Hy het die kelner geroep en gevra waarom dit gebeur het. Die kelner het geantwoord dat daardie gaste hulle kos presies soos op die spyskaart bestel het, maar dat hy sy vleis op ‘n sekere manier wou gaar hê en ‘n paar ekstra eetgoed saam sy kos bestel het en daarom vat dit langer. Toe sy kos aankom het hy dit baie meer geniet en was hy tevrede. Die les van hierdie verhaal is dat ons soms in dieselfde situasie as ander is en ons dieselfde dinge doen, maar ons moet partykeer so bietjie langer wag as ander omdat daar spesifieke detail is waarvoor die Here ons voorberei. Om te moet wag is nie lekker nie, maar die genot wat jy uit die eindproduk sal put sal soveel lekkerder wees as wat dit sou wees as jy dit sommer net gekry het. 

Ek gaan binnekort voor ‘n groep mense in die stad ‘n praatjie lewer en ek weet dat ek weet van daar af gaan dit besig raak, so vir nou gaan ek die rus wat ek nog het geniet. Ek gaan myself laat marineer in die teenwoordigheid van die Here sodat my woorde sout en lig sal wees en helend vir die nasies. 

Ek weet jy wag ook al lank vir ‘n spesifieke ding in jou lewe om te gebeur, moenie moed opgee nie. Geniet die journey. Geniet die voorbereiding. Wanneer dit gebeur gaan dit vir jou wonderlik wees!

Ek het geleer om die Here se tyd te vertrou. Sy plan en Sy tyd is volmaak en daarom is dit soveel beter wanneer ons eerder wag vir Sy tyd.

Die gesegde lui nie verniet: ‘Vroeg ryp vroeg vrot.’ nie.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s