Ek is bang…

Ek is bang. Volgende week gaan ek live gaan op my Facebook group: https://m.facebook.com/groups/1294873337297955 en ek gaan gesels oor hoe ek my PTSD en angstigheid uit my kinderjare oorkom het.

Dit klink dalk belaglik, want ek het dit oorkom en teen die skaduwees gewen. Ek is bang, want dan gaan my kykers my sien soos ek is en nie net die gesig op die vlogs met al die motiverings boodskappe nie. 

Ek gee nie om as mense my sien soos ek is nie, want ek het niks om weg te steek nie, maar daar is detail in die boodskap wat ek gaan deel wat net twee persone in my lewe van weet en hoewel ek skaam is oor hierdie detail was dit tog daardie einste klippe wat my die sterkste gemaak het en die fondasie van my boodskap ferm gemaak het. 

Nietemin, ek is beide opgewonde en angstig om daardie boodskap te deel. Ek beplan om Woensdag 27 September 2017 om 10:00am live te gaan en my storie te deel. 

Dit is ‘n getuienis van beide vrees en oorwinning waar die skaduwees van PTSD en angs my vir jare geteister het en ek uiteindelik met die hulp van die Here dit oorkom het. 

Sien julle daar!

Toodles*

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s