Name wat ek genoem word.

Vir baie mense sal dit moeilik wees om meer as een naam genoem te word. Wat is ‘n bynaam?

‘n Bynaam is gewoonlik ‘n naam wat iemand vir jou kies om iets letterlik of deel van jou karakter aan jou te identifiseer. Dit kan snaaks of ernstig wees. 

Ek is al my lewe lank baie name genoem: Loser, cherrie, poppie, Sonéllie, Sue, B**** (jip, nie my keuse), Forbes, slapk** (weer nie my keuse), kerk mens, klooster koek, tert, sus, sussa, sussie. Hierdie is almal al wat ek genoem is. Almal in verskillende tye en verskillende fases van my lewe. Natuurlik het ek nie gekies om die slegte goed genoem te word nie en was dit gemik om my seer te maak. Nietemin, ek is al ‘n paar name genoem.

As ek ‘n begin naam kon kies vir myself wat my lewe tot op die ouderdom van dertig kon beskryf sou dit Mara wees. Mara beteken bitter, maar dra die implikasie van krag. Om sterk te wees in tye van swaarkry.

 Naomi; die skoonma van Rut in die Bybel, het na die dood van haar man en seuns die spesifieke naam vir haarself geneem om uiting te gee aan haar rou tydperk. 

Ek sou Mara vir myself kies omdat ek die lewe se bitterheid al vele maal geproe het. Ja, baie het dit moeiliker en gaan deur meer bitter tye, maar my bitterheid wat ek moes proe was die geveg in my gedagtes. As jy die afgelope week my Live sessie op my Facebook group gekyk het sou jy agterkom dat my stryd met depressie, depersonalisation, angstigheid en PTSD, my al baie bitterheid gebring het. Baie nagte se wakker lê en baie dae se huil. Daarom noem ek myself Mara.

Met my dertigste verjaardag hierdie jaar het ek besluit om die kleed van bitterheid af te gooi en my naam te verander. Ek het tot vanaand nie ‘n nuwe naam vir myself gehad nie. Die afgelope paar maande het ek teruggeveg. Ek het teruggeveg teen selfmoord gedagtes. Ek het teruggeveg teen negatiewe woorde oor myself. Ek het teruggeveg teen tye wat ek afgesluit gevoel het van my liggaam en omgewing. Ek het teruggeveg teen die skaduwees van depressie en die verlede en ek kan sê dat die Here alleen my help oorwin het. 

Ek onthou nog soos gister toe ek uit my liggaam wou uitklim nadat iemand my weer vir die laaste maal iets toegesnou het. My liggaam was met rooi en pers krapmerke bedek waar ek myself gekrap het. Die beklemming op my bors toe ek nie kon asem kry nie sal my altyd bybly. Na daardie aand het ek die finale tree gegee en gekies om te lewe. Ek het gekies om te oorwin omdat dit is wie ek is in Christus en omdat dit wat ander my noem, my nie definieer nie. Daarom het ek ‘n nuwe naam gekry wat ek met trots sal dra omdat dit my herinner dat Christus vir my aan die kruis gesterf het sodat ek saam met Hom ‘n oorwinnaar kan wees in alles. Filippense 4:13.

My naam beteken “Sy wat die kroon van oorwinning dra.”

My naam is Elota.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s