Roomys mense

Roomys. Roomys in die Somer op die strand met die hitte op my skouers en die koue in my mond.

Roomys is een van die vele lekkertes in die lewe. ‘n Lekkerte waarna ons uitsien in die Somer maande. Maar haal jy daardie houer uit die vrieskas en dit het verval is daardie verlange lang vergete. 

Ek het al baie maal agtergekom dat mense ook soos roomys kan wees in ons lewens. Die smaak wat hul afgee gaan afhang van die omstandighede. Dieselfde geld vir jou en my ook. 

As jy ‘n roomys kon wees, watter geur sou jy wou wees? Ek sou ‘n grondboontjiebotter geur wou wees. 

Op ons vakansie in die Kaap in 2011 het ons op ‘n versteekte roomys kafee afgekom en daar het hulle hierdie einste grondboontjiebotter roomys gehad. Ek het my lippe afgekou daaraan. 

Wanneer mense met jou in aanraking kom, hoe is jou woorde? Is dit soet en verfrissend of het jou woorde suur geword? 

Ek het agtergekom dat wanneer mense my te na kom word my woorde suur. Ek hou nie daarvan wanneer mense my misbruik nie, en ek is seker jy ook nie, maar ek het agtergekom hoe gou my woorde suur kan raak en ek het besluit dit stop nou. Dit is bloot ‘n teken dat daar nog goedjies is waaraan ek moet werk en dit maak my opgewonde! 

Dit maak my opgewonde, want nou kan ek weer leer en nog meer verbeter. Nou sal ek baie meer attent wees daarop en probeer pm daardie grondboontjiebotter roomys te wees vir ander. Ek is bevooreg genoeg om sulke roomys mense van alle geure in my lewe te hê en ek is dankbaar vir hul. So kan ek dan ook by hulle leer en my eie grille weer aanpas. 

Nou ja toe, gaan dink so bietjie na oor hoe en wat jy sê. Dit is nie altyd wat jy sê nie, maar HOE. Onthou dit. 

Toodles

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s