My eerste baba.

Met my derde of vierde kersfees het ek my heel eerste baba gekry. Hierdie einste een in die foto. Sy is ‘n dogtertjie en ek kan nie meer onthou wat haar naam was nie, maar nou noem ek haar Elota.

Sy was en is steeds na al die jare my gunsteling speelding. Sy het ‘n dummy gehad wat oor die jare weggeraak het, maar sy was nog altyd daar. Sy was daar elke keer wat ons na ‘n ander dorp toe getrek het. Sy was daar deur my groot trauma’s in my grootword jare. Sy was; nadat ek getroud is, vir ‘n paar jaar bo in ‘n kas en het ek gedink sy het weggeraak, maar toe eendag ontdek my ma haar weer en hier is sy nou weer. 

Meskien is sy vir jou lelik of dalk is sy vir jou mooi, maar wat saak maak is dat sy nog altyd myne was en nou is sy my dogtertjie sinne. 

Elota het al baie van my glimlagte gesien. My trane het al in haar oë geval. Ek het haar al gebad, gepoeier en room gesmeer. Sy was my heel eerste baba. 

Dit is snaaks hoe ons meisies so geheg kan raak aan ‘n pop. Eintlik is sy net ‘n stuk plastiek, maar sy is my Elota. As ek dink hoeveel maal ek haar al gebad, gevoer en haar doeke geruil het raak ek nostalgies oor die onskuld wat ek as kind beleef het. Ek het met haar gespeel tot op die ouderdom van dertien. 

My grootste begeerte vir my dogtertjie is dat sy ook soveel genot daaruit sal put om Elota haar eie baba te maak. Ek hoop sy sal ook vir Elota bad en voer en doeke ruil. Ek hoop sy sal vir haar ook so lief wees. Ek hoop dat my kleindogter se dogter se dogter ook met haar sal speel.

Elota was myne, nou is sy my dogtertjie sinne.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s