10 Dinge wat my gelukkig maak.

Happiness

Daar is heelwat dinge in die lewe wat my gelukkig maak. Daar is ook heelwat in die lewe wat my ongelukkig maak. Hier is my top tien dinge in die lewe wat my gelukkig maak.

10. Koffie

Die geur van koffie in my neusgate en op my ‘tastebuds’ na ‘n lang dag of vroeg in die oggend maak my uiters gelukkig. My man bring elke oggend vir my koffie in die bed en dit maak my gelukkig dat hy so vroeg in die oggend aan my dink.

9. Byname

Wanneer iemand my op ‘n bynaam noem wat hul vir my gekies het, maak dit my gelukkig. Dit laat my geliefd voel.

8. Die see

Van die klank tot die reuk van die see maak my gelukkig. Dit laat my ontspan en gee my ‘n nuwe asem. By die see besef ek altyd dat die Here bestaan en dat Hy in beheer is van alles in ons lewens so vêr as wat ons Hom toelaat.

7. Die wildtuin

Om die wilde diere in hul natuurlike habitat te sien herinner my daaraan dat ek net een klein organisme is wat ‘n klein rol speel in die groter plan van die lewe. Niks draai om my nie en in ‘n oogwink kan alles wat bekend is weggevat word en daarom moet ek dankbaar wees vir elke klein dingetjie in die lewe.

6. Kuns

Kuns maak my gelukkig. Skoon lyne in kuns is vir my ‘n groot aantrekkingskrag. Of sketse van mense se hande of rug.

5. My blommetuin

Hoewel dit hardewerk is en baie ure vat; wanneer ek deur die tuin loop en die welkome reuk van my blomme en roosbome hang in die lug maak dit my kalm en dankbaar dat ek die vermoë het om in die tuin te werk en saam met die Here dit te kan ‘create’.

4. Die sonskyn

Die hitte van die Winterson op my gesig laat my veilig voel. Dit bereik ‘n koue diep binne my en maak dit warm sodat ek veilig voel in die versekering dat die Somer ook weer sal aanbreek.

3. Die reën

Druppels teen die vensters spoel ‘n gevoel van nostalgie oor my en was alles skoon. Van die stowwerigste blaar tot die donkerste emosie binne my. Ek kan ure sit en staar na die reën.

2. My gesin

My man en my kinders is hoog op my prioriteitslys. Ek sal altyd hulle belange bo my eie stel. Hulle welstand en veiligheid is vir my belangrik. Wanneer hulle gelukkig is, is ek gelukkig.

1. Om alleen te wees

Nee, ek is nie eensaam nie. Nee, dit maak my nie depressief om op my eie te wees nie. Wanneer ek alleen is kan ek my batterye herlaai sodat ek vir die wie ek lief het volkome liefde en versorging kan gee. Nee, my eie geselskap verveel my nie. 😉

Hierdie is slegs ‘n paar van die baie dinge in die lewe wat my gelukkig maak. Julle kan sien dat die meeste daarvan uit die natuur kom. Dit is my direkte konneksie met my verhouding met die Here. Ek geniet dit om met Hom te praat wanneer ek in die tuin besig is, of die natuur aanskou. Hy voel dan vir my die heel naaste. Asof Hy daar by my sit of saam my werk. Dit is vir my wonderlik.

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s