Waarvoor sal ek wens?

maak 'n wens

Iets waarvoor ek nog altyd gewens het…. Hmmm…

As ek vir iets kon wens wat sou dit wees? Daar is so grappie wat die rondte doen:

Kersvader: “Wat wil jy vir kersfees hê?

Ek: “‘n Unicorn”

Kersvader:”Ons albei weet Unicorns bestaan nie.”

Ek: “Ok, ek is ‘n ma. Ek wil graag laat slaap en ‘n volle dag se vrede en stilte geniet.”

Kersvader: “Watter kleur soek jy, jou Unicorn?”

 

Maar AS ek ‘n wens kon maak, wat sou dit wees? Ek dink omstandighede en emosies sal ‘n groot rol speel as ons ‘n wens kon maak wat kon waar word.  Ek kan wens vir ‘n mooi lyfie wat nooit sal kan vet word nie. Ek sal kan wens vir baie geld sodat my vierde generasie kleinkinders ook nie sal nodig hê om te werk nie. Of dalk sal ek kan wens vir rykdom en beroemdheid. ‘n Wens wat al my wildste drome sal kon waar maak… Of vrede op aarde. Of oneindige wense…

Maar dit is alles materiële dinge. As ek een wens kon laat waar word sou ek wens vir wysheid. ‘n Wysheid wat my sal help om situasies in my lewe beter te kan hanteer. Of wysheid om my kinders op so mate groot te maak dat hul onafhanklike, aangename volwassenes sal wees. Om wysheid te kan hê sal soveel vrae vir my kan beantwoord.

Maar ek kan wens. Ek mag meer as een maal wens. Dit word net nie wens genoem nie. Dit word gebed genoem. Johannes 14 leer ons dat ons enigiets in Jesus se naam kan vra en Hy sal dit vir ons doen. Die geheim is net, ons kan vra wat binne die wil van God is. Die Here sê in Jeremia 29:11 dat Hy voorspoed vir ons beplan en nie teëspoed nie. Jy mag soos Jabez bid en vra dat die Here jou grondgebied sal vergroot. Jy mag soos Salomo vra vir wysheid. Solank dit binne die wil van die Here is.

Ek kan onthou hoe hard ek gebid het vir ‘n cherry rooi kar as my eerste kar. En ek het dit ontvang. ‘n Cherry rooi Tazz wat my baie kilometers oral gevat het. Haar naam was Betsie. Ek het gebid en gevra dat die Here vir my, my man sal stuur. Ek is nou amper 7jaar al getroud met hom.

Dit is nie nodig om ‘n stukkie onkruid te blaas en ‘n wens te maak en hoop dit word waar nie. Dit is nie nodig om ‘n wens te maak op ‘n verskietende ster of jou verjaardag kersies wat jy uitblaas nie. In wie is jou geloof gegrond? In God of in bygelowe? Efesiërs 6 leer ons dat ons geveg nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose magte in die lug.

Mattheus 6:33 leer ons dat ons eers God se Koningkryk moet soek en dan sal al die ander dinge daarna volg. Soek eers God se plan vir jou lewe dan sal jou gebede ook beantwoord word. As jy binne die wil van God leef is seën oor jou lewe onvermydelik.

Hoe weet ek wat is God se wil vir my lewe? Jy spandeer tyd saam met Hom en bestudeer Sy Woord. Dit is die enigste manier.

So ek wens nie meer vir Wysheid nie. Ek bid daarvoor. Elke liewe dag sodat ek die verskil sal kan ken tussen God se wil en my eie wil.

Waarvoor sou jy vir jouself bid?

 

One thought on “Waarvoor sal ek wens?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s