Die beste raad wat ek ontvang het.

hartklopFoto: Pinterest

Die heel beste raad wat ek al ooit ontvang het, het ek nie genoeg waadeer toe dit aan my gegee is nie en ek wens dat iemand dit vroër in my lewe vir my kon sê.

“Life is what happens while you are making other plans.”

So het hierdie raad van my skoonma af gekom. Dit was in die tyd toe my man en ek aangekondig het dat ons gaan begin probeer om swanger te raak. Ons was by ons een jaar van getroude lewe en het toe alreeds twee jaar saamgewoon so ons het ‘n behoefte gehad aan nog ‘n asempie in die huis. Nee, die troeteldiere was nie genoeg vir ons nie…

Min het ons geweet hoeveel werk dit als behels…

Nietemin. My skoonma het die bogenoemde raad aan ons gegee en ek is spyt dat ek dit nie toe ter harte geneem het nie. Dit beteken om die proses te geniet. Om steeds jou lewe te geniet terwyl jy besig is om ander planne te maak. Om nie teveel te fokus op die eindstreep nie.

As ek nou moet terugdink oor my lewe dink ek dinge sou dalk soveel anders gewees het as ek net elke oomblik kon geniet in elke seisoen. Ek was altyd so gefokus op die doelwit dat ek nooit die proses van elke seisoen geniet het nie. Toe ek op skool was wou ek net klaar maak. Terwyl ek geswot het wou ek net klaar swot. Toe ek klaar geswot het wou ek net ‘n ou hê. Toe ek die ou het wou ek net trou. Toe ons getroud is wou ek net kinders hê. Nou wil ek net hê die tyd moet stadiger gaan sodat ek ten minste hierdie raad kan volg en als tydens die proses kan geniet. Ironies né?

Met die skryf van my boek was dit presies dieselfde. Ek het geskryf en klaargeskryf en dit aan ‘n uitgewer gestuur. My boek is van die hand gewys… Nou is ek dankbaar daarvoor. Ek kon nou na die tyd weer gaan deurlees en aanpassings maak. Ek het nou drie maal na die tyd aanpassings gemaak en ek weet nie eens hoeveel maal tydens die skryf van die boek nie. Ek het na die afkeuring besluit om nou die proses eerder te geniet en glo my, dit smaak baie beter as wat dit sou as dit bloot die eerste keer aanvaar was.

Ek wil jou aanraai om elke seisoen in jou lewe te geniet. Elke proses waardeur jy gaan. Geniet dit, of probeer ten minste so ver jy kan om dit te geniet. Ek maak nou seker dat ek elke dag in neem en dankbaar is vir ten minste tien goed wat daardie dag gebeur het of wat ek net as vanselfsprekend aanvaar. Deur my attitude of grattitude het ek agtergekom hoe geseënd ek werklik is om nog ‘n hartklop te kan hê en te kan doen waarvoor ek lief is.

So vandag wil ek hierdie raad ook aan jou gee terwyl jy uitsien na ‘n doelwit:

“Life is what happens while you are making other plans.”

 

2 thoughts on “Die beste raad wat ek ontvang het.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s