So is ek.

IMG_0750

Ek is nie ‘n gekompliseerde mens nie. Daar is heelwat, wie dalk nie met die bogenoemde stelling sou saamstem nie, maar dit is bloot omdat hulle nie die tyd neem om my te leer ken nie en my boek eerder wil oordeel op die voorblad en die hoofstuk waarop hul ingestap het nie. Wanneer mense my vir die eerste keer ontmoet gaan verskillende mense wie my op verskillende tye in my lewe ontmoet het vir jou ‘n ander storie vertel oor hul eerste indrukke van my. Sommige sal vir jou sê ek is bot of snobisties. Ander sal sê ek is loud en ‘n ekstrovert. Ander se opinies het niks met my te doen nie, maar so is ek vir my lesers. 😉

Verhoudinge dryf my.

As my verhoudinge met my familie en vriende reg en vlot loop, loop ek reg en vlot. Ek is die make love not war tipe en as iemand ‘n probleem het met my is dit ‘n baie groot issue vir my. Dit is selfs erger wanneer iemand nie vir my opstaan, wanneer ek altyd vir ander opstaan en beskerm nie.

Actions speak louder than words.

Ek is uiters sensitief, maar ek wens dit nie weg nie omdat dit my al uit baie ongemaklike situasies gehelp het. Wanneer ek in ‘n vertrek instap en die vibe is nie goed nie dan maak ek myself sommer baie vinnig uit die voete. Wanneer ek gemaklik is in jou geselskap sal ek ure saam jou spandeer om verhouding te bou. Dit is vir my belangrik dat jou woorde en jou aksies moet ooreenstem.

Die hart op my mou.

Ek dra my hart op my mou. Dit tel baie in my nadeel. Dit is heel moontlik omdat ek niks het om weg te steek nie. Ek kan vir die lewe nie ‘n valse glimlag opsit in ‘n negatiewe situasie nie. Ek gaan jou vermy as jy my ongemaklik laat voel.

Ek hardloop agter mense aan.

Ek sal altyd my heel beste probeer om in vrede saam met ander saam te leef. Selfs wanneer hulle NIE WIL NIE sal ek nogsteeds probeer. Noem my ‘n sucker for punishment, want dit het my al eindelose angsaanvalle en slapelose nagte besorg. Ek sê weer, verhoudings is vir my belangrik, daarom sal ek wanneer ek verkeerd was omverskoning vra en torturingly ‘n omverskoning wat ek nooit ontvang van ‘n persoon wie nie jammer is vir hul negatiewe gedrag nie, ook aanvaar. Meestal vir my eie vrede…

Ek vergewe maklik.

Dit is heel moontlik waarom ek die bogenoemde doen. Ek kan baie maklik vergewe. Soms sukkel ek om te laat gaan, maar vergifnis is altyd heel bo aan my lysie. Vir my saligheid is dit belangrik. Ek sukkel wel met vergifnis, wanneer iemand nie omverskoning vra vir hul negatiewe aksies teenoor my nie. Dit is ‘n bitter pil om te sluk en vat my ‘n jaar of twee, maar eventueel sluk ek hom. Ek troos my daaraan dat wat jy saai sal jy maai, maar ek bid nie teëspoed oor my vyande uit nie. Ek bid steeds altyd dat hul oorvloedig sal leef en floreer. Mens kan nie vuur met vuur baklei nie.

Ek haat ‘n leun.

Moenie vir my jok nie. Ek het ‘n gawe ontvang. ‘n Ingebore lie detector test. Mens noem dit ook ‘n gawe van die onderskeiding van gees. As iemand vir my jok, al kyk hulle my in my oë, ek weet dit. As jou intensies nie rein is nie weet ek dit. Dit is ook gekoppel aan my hiper sensitiwiteit…

Ek sal jou altyd eerste respekteer.

Ek het grootgeword met die waarde om altyd eerste respek uit te deel. Wanneer ek ‘n persoon vir die eerste keer ontmoet gee ek hul die voordeel van die twyfel. Ek ken nie die persoon of hul geskiedenis nie en het nog nooit in hul skoene gestaan nie, so daarom respekteer ek hom/haar heel eerste. Ek glo respek word verdien en om dit te kan verdien moet jy dit kan gee. Ek gaan sukkel om jou weer te vertrou as jy my disrespekvol behandel nadat ek jou gerespekteer en vertrou het. Dit gaan mos maar oral so. Vertroue kan weer opgebou en herstel word. Soms sal ek jou dadelik weer vertrou, ander kere vat dit maar ‘n tydjie.

My geloof is my prioriteit.

My verhouding met die Here is vir my van top prioriteit en daarom sal jy vind dat ek rooi onder die kraag word wanneer mense die skrifte verdraai vir hul eie gewin. Of sulke skrif prentjies deel op hul sosiale media en die volgende dag ‘n foto van hul in ‘n kroeg met ‘n dop en sigaret in die hand plaas. Kyk, each to his own, maar as jy ernstig is oor jou verhouding met die Here dan sal jy ernstig wees oor sonde en dit laat staan. As jy nou tenagekom voel oor my stelling… Dalk so bietjie selfondersoek doen? Ek is nie ‘n draadsitter nie.

Dit is ek in ‘n neutedop. What you see is what you get. Ek dra my hart op my mou en steek niks weg nie. Ek is uiters sensitief vir jou vibes en as jy my een maal teleurgestel het, gaan dit ‘n tydjie vat vir my om jou weer te vertrou. Ek is oor die algemeen ‘n uiters positiewe mens. Ek doen moeite om die silwer randjie aan die donkerwolk te sien en glo dat daar net een manier is om te leef en dit is voluit. Blydskap is my prioriteit, maar ek jaag dit nie.

 

2 thoughts on “So is ek.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s