My gunsteling boek.

Gunsteling boek(Foto: Pinterset)

Vandat ek kan onthou is ek fanaties oor lees. As 3jarige het my peetma ‘n boekie vir my so baie voorgelees dat ek elke woord uit my kop geken het en wanneer daar gaste kom kuier moes ek hulle wys hoe kan ek al op 3jarige ouderdom “lees”. Hahaha! Ek glo dat ‘n liefde vir lees gekweek kan word. Mens word nie sommer ‘n kranige leser gebore nie. Ja, jy kry uitsonderings, maar ek glo mens kweek ook ‘n liefde vir lees. Albei my twee kinders is alreeds netso lief vir lees soos ek. Ek glo dit is omdat ek al vandat hul babatjies was vir hulle lees en nou moet ek elke liewe aand voordat hul gaan slaap vir hul elkeen ‘n storie lees. Ek kla nie daaroor nie. Dit beteken hulle sal ook hul verbeelding gebruik om te skep en dit gee my sommer hoop vir die toekoms.

Nou ja, om terug te kom na my onderwerp…

My gunsteling boek is Redeeming Love deur Francine Rivers. Ek verslind haar boeke. Hierdie was die heel eerste een van haar wat ek gelees het. Ek het eers die Afrikaanse een gelees en toe die Engelse een en daarna het ek ‘n versameling van haar boeke begin opbou.

Redeeming love gaan oor ‘n vrou wat buite egtelik gebore is, toe verkoop is in prostutisie na haar ma se dood en toe so daarin grootgeword het. Hosea. ‘n Man wie die Here baie lief het; ‘n plaaslike boer, loop eendag verby haar in die dorp en die Here sê toe vir hom dat hy met haar moet trou. Hy besoek haar gereeld in die bordeel, maar hulle gesels net. Na ‘n stormagtige nag wanneer haar ‘bodyguard’ haar aanrand kry Hosea ‘n dominee en die twee trou toe so binne die bordeel. So red hy haar. Hy versorg haar en help haar gesond word. Sy probeer van hom af wegloop omdat sy glo, sy nie sy liefde werd is nie. Hy gaan haal haar albei kere. Die derde maal besluit hy om haar nie te gaan haal nie… Sy het een aand ‘n ontmoeting met die Here en gaan dan terug na Hosea op die plaas. Hy het altyd getrou gebly aan haar, by hom aangekom huil sy bitterlik en vra hom om haar te vergewe. Natuurlik vergewe hy haar en hulle het lank en gelukkig saamgeleef.

Die rede waarom ek so lief is vir hierdie verhaal is omdat ek dit self in my eie lewe ook ervaar het. Nee, ek was nie ‘n prostituut nie (no judgement), ek het ook ‘n paar keer van die Here af weg beweeg, omdat ek geglo het ek is Sy liefde nie werd nie, maar so paar jaar gelede het ek opnuut terug gegaan en Hy het my ten volle vergewe. Genade so groot!

My man is my Hosea. A.g.v heelwat dinge in my lewe wat gebeur het, het ek ook geglo dat ek nie ware liefde verdien nie. My man het my gewys dat ware liefde gesond maak en nie seer nie.

Dit is hoe wonderlik die liefde van die Here is. Solank ons bereid is om ons sondes te bely en weg te draai daarvan sal Hy ons elke keer vergewe. Hy bly altyd getrou al is ons in ons onkunde ontrou. Johannes 3:16.

As jy nognie hierdie boek gelees het nie, gaan lees hom. Ek beveel dit sterk aan. (Daar is baie meer vleis aan as net die raamwerk wat ek nou vertel het.) 😉

 

7 thoughts on “My gunsteling boek.

  1. travel460 sê:

    Kan jy glo! Hierdie is my heel geliefkoosde boek ooit, Sonell. En op die oomblik worstel ons as gesin, met drie getroude dogters, deur ń baie slegte krises. Hierdie boek van Francine Rivers is eintlik, op ń manier, een van my meisiekinders se storie. Sy besef dit net nog nie. En ek as haar mamma kan maar net bid dat ons God Sy hand van genade oor haar en haar gesin sal bly hou.

  2. ekmyselff sê:

    My skoonsus het vir my hierdie boek as geskenk gegee na my egskeiding, ek het behoorlik gehuil en weer gehuil. My skoonsus het daardie jaar geglo almal wat n geskenk moet kry, kry DIE boek, dit het haar so aangeraak dat sy dit met almal wou deel.
    Sy het net n manier van skryf en vertel ek het ook Bridge to haven, Her daugter’s Dream en Her mother’s hope gelees. As mens eers met n boek van haar begin kan n mens hom nie neersit nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s