Wat hou jou terug?

Foto: Pinterest

As daar een ding in die lewe is wat ek baie goed ken is dit vrees. Vrees vir die onbekende. Vrees vir die bekende. Vrees omdat ek dink ek alles weet van wat in die onbekende skuil. Vrees om daardie eerste tree te gee na ‘n beter toekoms. Vrees om te stagneer. Vrees om te floreer. Vrees om te verloor. Vrees om te wen. Vrees om onsuksesvol te wees. Vrees om suksesvol te wees. Vrees vir hoogtes… So baie vrese en elke keer het die uitkoms oor dit waarvoor ek gevrees het my verras. Elke keer het dit anders uitgedraai.

Hoe baie het my binneste nie gebewe toe ek die eerste hoofstuk van my boek aan my proefleser gegee het nie. Hoe baie het my binneste nie gebewe toe ek my eerste boek verkoop het nie en tog het dit alles goed uitgedraai.

Die geheim om vrees te oorkom is om te weet in Wie jy gewortel is. As jou wortels diep in jou verhouding met die Here gewortel is dan het jy nie nodig om enigiets te vrees nie, want die volmaakte liefde verdryf alle vrees. 1 Johannes 4:18.

As jy vandag bang is om daardie eerste tree te gee, moenie bang wees nie. Jy gee die eerste tree en die Here gee die res. Plaas jou geloof in Hom en jou planne in Sy hande dan sal jou voornemens geluk.

Toodles!

Foto ‘n dag uitdaging dag 25. Tema: Liefde

One thought on “Wat hou jou terug?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s