‘n Ode aan Big Show

Hierdie afgelope jaar met jou hier in onse eie dorpie was die beste tyd van my lewe. Sonder dat dad dit weet het jy al die seer van al die jare kom gesond maak. Ons kon tyd saam spandeer en aan ons verhouding as pa en dogter werk en vir my was dit die beste medisyne. Daar het nog nooit iemand my padlangs gekom wat bloot deur sy teenwoordigheid my aangemoedig om so ver bo alle dinge uit te groei nie.

Dit was elke liewe keer vir my moeilik om jou by jou “blyplek” af te laai, maar ek het geleer by jou. Ek het geleer om nie die ou op straat op sy baadjie te takseer nie. Ek het geleer dat elke mens ‘n storie het, waardig om vertel te word. Ek het geleer dat al het jy niks, kan jy steeds happy wees omdat happiness van binne kom.

Ons het hard probeer werk kry vir jou, maar Mosselbaai roep nou en maak my hart ‘n Kaapse draai. Ek glo en vertrou dat dad sommer baie vinnig ‘n werk sal kry en op jou voete sal wees. Die Here sorg vir Sy kinders, maak nie saak wat nie.

En toe; die naweek vra ek jou vir raad oor die lewe, want as daar een mens is met ondervinding in die lewe dan is dit jy.

“Moenie toelaat dat ander mense jou beïnvloed om soos hulle te wees nie. Wees jy net jouself. Moet nooit vir ander mense verander nie.”

Beter raad as dit sou ek nooit kon kry. Daarom hierdie inskrywing vir my dad vandag, want ek weet ons gaan nou nog baie lank lief wees vir mekaar. En mekaar een van die dae weer sien.

‘n Liedjie vir my dad propvol memories.

En die een:

Love you more dad xxx

Foto: Pinterest

Foto uitdaging dag 29. Tema: Lug/Sky

En al is jy ver van my troos ek my daaraan dat ons onder dieselfde maan slaap.

6 thoughts on “‘n Ode aan Big Show

    • sonell sê:

      So waar. Dit is vir my so belangrik om ‘n goeie verhouding met my ouers te hê, veral my pa. Daarom sal ek gedurig my man aanspoor om met die kinders te speel en tyd spandeer, omdat die verhouding met jou pa jou verhoudinge met ander mense EN met die Here vorm.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s