Foto: Pinterest
Vandag is ‘n deurmekaar dag. Ek het wakker geword met die gedagte dat dit vandag die 29ste Januarie is en dit is eintlik die 30ste… So besef ek eers half 10 vanoggend…
Die rede hiervoor is dat ek vermoed my kop is vol ‘clutter’. My kop voel wasig en ek kan nie reguit dink nie. Ek gaap heeltyd en bo alles het ek nie vreeslik lekker geslaap laasnag ook nie. Meskien is my kafeïen telling in my bloedstroom te laag. Daar mag dalk ‘n groot waarheid in skuil, want ek het nog net twee bekers koffie gehad vir die dag…
Die afgelope week of so het ek soveel gedagtes gehad wat net inkom en weier om uit te gaan met betrekking tot my volgende boek waaraan ek werk en kan dit ook ‘n oorsaak wees. Meskien het ek net ‘n vakansie nodig. Wie weet?
Nietemin. Ek sal vanaand moet gaan sit met my notaboek en pen op paier sit met al hierdie idees en gedagtes. Vandag was ek veronderstel om ‘n nuwe resep te probeer en ek het net nie die breinkrag daarvoor nie.
Kom ons hoop môre lyk beter.
Toodles!
Foto: Pinterest
Foto ‘n dag uitdaging dag 30. Tema: Refleksie
Soms is dit nodig om ‘n oomblik te vat en te reflekteer op jou gedagtes en te fokus op dit wat werklik prioriteit verg.
Mens kry maar sulke dae…gelukkig gaan dit ook verby😀
So bly dit doen. Vanaand is ek vroeg in die bed
Prioriteite ja. My kop is so vol van alles wat ek moet weet en doen dat die helfte daarvan by die oop kant van my brein uitval en ek is nie ‘n lysie-mens nie.
Ja nee, dis goor!
Hier sit ek en wonder wat van die res van Januarie geword het.