Polities trippe trappe tone.

Jy weet né. Ek is ook nou al so versadig aan polities korrek wees dat ek kan siek word daarvan.

Ek was maar 7jaar oud in 1994 en al wat ek kan onthou van daardie groot verkiesingsdag is hoe warm dit was in Nelspruit daardie einste dag en die hengse lang ry waarin ons gestaan het.

Maar dit stop ook nie daar nie, want deesdae as jy nie ‘n ‘smiley emoticon’ 😊 Aan die einde van ‘n boodskap gebruik nie voel mense ‘offended’. Nie eens te praat van as jy nie groet in die verby ry nie.

Ek geniet die polisirkus (politiek sirkus) en ek volg dit gereeld, maar dit raak darem nou ook te erg. Vir elke keer wat jy eerste links trap kan jy tronk toe gaan. (Metafories gesproke).

Die vroutjie wat my help in die huis is deel van ons gesin. Ons is lief vir haar en sy vir ons. Daarom kan ek nie die alewige haat tussen kleur en geur en geslagte verstaan nie. Het God ons nie almal na Sy beeld geskape nie? Daarom, as jy sleg optree teenoor ‘n ander persoon omdat hul anders lyk tree jy mos verkeerd op teenoor God. In Hom is ons een liggaam en ons kan nie as eenheid funksioneer wanneer ons so in kleur en geur vaskyk nie.

Ek het nie ‘n idee hoe dit was in “DAARDIE” tyd nie. (Ek mag nie die tydperk noem nie). Maar ek weet dit was BAIE onregverdig en daar is steeds mense wat so leef, maar waarom dit in MY keelgat afdruk? Ek weier om verder te sluk. Ek belowe om almal met respek en vriendelikheid te hanteer.

Niks gaan verander tot ons self verander nie.

Toodles!

P.s. Geen negatiewe kommentaar sal hier geduld word nie. 😉

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=762615 Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

The post Lê-Jou-Eier: Politiese korrektheid is ‘n #pynindiegat appeared first on Dis Ekke.

6 thoughts on “Polities trippe trappe tone.

  1. travel460 sê:

    Dit is wat ek waardeer hier op blogland, Sonell. Meeste van ons voel dat die ander ons sienings, wat eintlik ons menswees verteenwoordig, respekteer. Al verskil ons dalk hòè. Indien ek nie met iemand saamstem nie, hou ek gewoonlik net verby. Ek wens net dit was ook so eenvoudig in die allerdaadse lewe.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s