My doelwitte vir Februarie.

February 1Foto: Pinterest

Vandag is die eerste Februarie en nes Januarie het ek ook doelwitte vir Februarie. Ek wil hierdie maand meer doen. Meer skryf. Meer video’s doen en my volgende boek se eerste woorde neersit. Dan wil ek ook graag meer tyd saam my kinders spandeer oor naweke. Hulle is vir net so klein rukkie klein en moet ons probeer om elke oomblik te geniet.

Dit klink miskien na baie hoë doelwitte, maar ek glo as ek dit reg prioritiseer sal dit werk. Hierdie maand is ook my verjaardag maand! Sjoe ek sien uit! Ons gaan by die see wees wanneer ek verjaar en ek kan nie wag nie. Tone in die sand, hoed op die kop en sonbrand op die lywe. Moenie die non-alcoholic mocktail vergeet nie! Daar is net iets omtrent die see wat my kop en gemoed skoonwas. Dit gee my altyd nuwe moed om weer aan te gaan en te werk aan my passie vir mense.

Februarie is ook die maand van liefde en val-in-die-tuin-dag. Daarom sal jul sien dat ek so bietjie meer oor die liefde skryf hierdie maand. Mag hierdie maand vir jou net liefde en voorspoed inhou. Mag jy produktief wees hier in ons blogger gemeenskap. Ek sien uit daarna om julle Februarie skribbels te lees.

Toodles!

“When you love what you have, you have everything you need.” – Anoniem

 

9 thoughts on “My doelwitte vir Februarie.

  1. Net Ek sê:

    Lekker vooruitsig!

    Die see is ook goed vir my siel, veral Ingrid se see.

    Twee van my drie seuns en my man verjaar in Februarie, so ek sal erens ‘n glasie op jou ook klink!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s