Zuma is verlede seisoen.

Foto: Times Live website

Val in die tuin dag was vir my en die hubster sommer super rustig en het ons mekaar en ons liefde gevier. Maar vanoggend toe ek wakker word was dit ‘n heel ander storie!

Die heel beste valentyn geskenk wat ek ooit kon kry. Zuma het bedank. Ja, ek het op ‘n stadium gedink hy moet maar daar bly sodat 2019 se verkiesing vir ons verandering kan bring en ek hoop steeds daar sal verandering kom, maar kom ons gee vir Cyril ‘n regverdige kans. Hy is immers slimgenoeg. Uiteindelik na Mandela iemand wat ken van…

Hy het besigheids savvy en dit kom voor asof hy goeie waardes en standaarde het. Ek geniet dit selfs om hom te hoor Afrikaans praat. Jy kan HOOR hy is ‘n slim man met sy uitgebreide woordeskat. Sy toespraak het my geraak vandag omdat hy dadelik die belangrikste sake begin aanspreek het. Dit waarvoor ons nou al lankal wag om uit te sorteer.

Ja, hy het ook al baie foute gemaak, maar jy ook…

So die heeldag voel ek al soos Maria van The Sound of Music. En ek sing:

“The hills are alive with the sound of resigning.”

En ek het weer hoop en skop en is opgewonde, want ek glo almal verdien ‘n regverdige kans.

Daar is een ding wat ek baie beslis by Zuma geleer het. Hy het my presies geleer wie ek nooit wil wees nie en dat mens so gou moontlik ‘n kokkerot moet uitwis voordat dit ‘n plaag veroorsaak en jy eerder net die huis moet afbrand om ontslae te raak van dit.

Toodles!

Foto: Pinterest

So relevant vir vandag! Positiewe verandering!

8 thoughts on “Zuma is verlede seisoen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s