Kalwer liefde.

0a79c7d3bd185eeb0ad87c88e0596fccFoto: Pinterest

Die liefde soos gedefinieër deur ‘n tiener.

Perfek. Amazing. Pragtig. Net plain. Awesome. Die trane in jou kussing. Die  lag uitbarstings  in die middel van die klas. Vriendskap aan die brand. ‘n Oorlog tussen jou kop en jou hart. Beide jou vyand en jou vriend. Dit wat jou elke keer na hom toe laat teruggaan. Pyn en geluk op dieselfde tyd. Jy. Jy. Jy. Jy.

Wat is die liefde wanneer jy ‘n tiener is? As ek terugdink was kalwerliefde as tiener vir my daardie tinteling regdeur my liggaam wanneer hy vir my kyk. Skokgolwe deur my arm wanneer sy hand sag teen myne skuur. Die adrenalien wanneer hy my vir die eerste keer soen. Die sms’e op my Nokia 3310 wat in my skoolhemp se sak op vibreer. Die opgewondenheid om dit pouse te lees of die skelmlees onder die tafel in die klas, want jy kan nie wag om te lees dat hy aan jou dink nie. Die eindelose ‘Please call me’s’ om hom te laat weet jy dink aan hom, want jy het nie geld op jou foon nie omdat jy dit als uitgesels het die vorige aand tot na middernag onder jou kombers. Die skribbels in my huiswerkboek. Hartjies. Sy naam. Spesiale datums. Eindelose doodles en chocolate papiere van hom af…

En dan? Na al die opgewondenheid verby is en die euforie van verliefdheid en kalwerliefde verby is en jy lê net daar die donkerte en instaar met trane wat teen jou wange afrol in die stilte waar niemand jou kan sien nie, want hy het jou afgesê met ‘n sms. Eers dan besef jy. Verlief is nie liefde nie, want as die tinteling verby is en die adrenalien ophou pomp het en dit is net jy wat oorbly. Eers dan wanneer hy by jou bly wanneer dit net jy is wat oor is, weet jy wat liefde is.

Maar dit is nie ware liefde nie. Net die vooropgestelde idee van die liefde. Liefde is hospitaalverblyf. Wonde skoonmaak. Medisyne aandra. Eindelose etes voorberei. Skottelgoed was. Saam kinders grootmaak. Mooi baklei. Lelik baklei. Kwaad gaan slaap. Wakker word om op te maak. Hande vashou in die winkels. Hande vashou oor ‘n restaurant tafel. Ware liefde is koffie in die bed. Bymekaar bly en weier om op te gee. Mekaar aanvaar net soos julle is, want op die ou einde van die dag is julle albei twee onperfekte individue, maar die perfekte span saam.

Toodles!

f2f33ebb35319b9ede00df8c70938ceb

8 thoughts on “Kalwer liefde.

  1. HesterLeyNel sê:

    Yup, in love with love. Maar dis ‘n lekker gevoel terwyl dit hou, nè? Dis reg ook – mens moet baiekeer verlief raak voordat jy grootword, want so leer jy om te onderskei tussen “lekker” en “reg”.

    • sonell sê:

      Beslis! Daarom sal ek altyd vir my kinders aanraai om baie vriende en vriendinne te hê, maar aan niemand verbind te raak tensy hul weet dit is presies wat hul wil hê nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s