Hoekom ek begin skryf het.

b6e83c2b62a1e0ec0cd3fbc189efbc94Foto: Pinterest

Hoekom het jy begin skryf? ‘n Vraag wat elke skrywer so gou as moontlik probeer ontduik. ‘n Vraag wat ek ook al ‘n hele paar kere gevra is.

Ek het begin skryf in 2013. Net bietjie met die skryf idee rondgespeel. Dink dit is seker hoe ons almal maar begin. Op skool het ek altyd die opstelle verskriklik geniet. Ek het goed gedoen ook daarin. Nadat my seuntjie in 2012 gebore is het ek myself in ‘n nageboortelike depressie bevind vroeg in 2013. Op Facebook het ek ‘n bekende persoon gesien sy blog adverteer en dit is hoe ek by WordPress aangesluit het. Om sy blog te kon volg moes ek deel word van WordPress. So het ek toe ook die blogger gemeenskap betree so per toeval. Maar niks gebeur toevallig nie en vandag 5jaar later is ek steeds aan die gang en besiger as ooit met dit.

Intussen het ek Die Boekklub t.v reeks gekyk en die eerste reeks het my herinner aan my liefde vir skryf. Ek het baie opgeboude gevoelens gehad en nes enige ander skrywer het ek ook skryf gebruik as uitlaatklep en het dit toe nou ontstaan in my boek Karoo Vryheid. Hoe meer ek van my eie gevoelens ontslae geraak het hoe duideliker kon ek die karakters hul storie hoor vertel en siedaar!

So ja, skryf is vir my terapie soos tuinmaak, oefen of eet vir ander is. Dankie dat julle my skribbels lees!

Toodles!

ba341547bdaa3c4098a1b5ddd77037bbFoto: Pinterest

12 thoughts on “Hoekom ek begin skryf het.

    • sonell sê:

      Hehehe! Ek was nie so gereeld betrokke toe ek begin het nie. Sou so 1x per maand of 1x in 3 maande iets opsit hier op WordPress. Maar nou dat ek die Afrikaanse blogger gemeenskap soos julle ontdek het is dit so lekker om al die inskrywings te lees. Julle inspireer my. Xx

  1. Positief sê:

    Ek vind daar is mense wat regtig ‘n storie kan skryf dat jy hom voel, daai word skrywers soos jy genoem en dan is daar ander soos ek wat my kop hier kom uitsorteer, nie rerig ‘n storie probeer skryf nie. Gewoonlik enigeiets en alles soos wat dit rerig gebeur met my. Skrywers inspireer my

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s