My gunsteling sosiale media platform.

f8706a6ce987167e910e9eb75b9cb5e1Foto: Pinterest

Ek is op vier verskillende sosiale media platforms.
Facebook
Instagram
Pinterest

In geen spesifieke volgorde. 😉
Maar ek het een gunsteling platform. Instagram.
Instagram is my gunsteling omdat daar so groot verskeidenheid is om te doen. Instastories is ‘n paar sekonde kort video waar jy met jou ‘followers’ kan gesels oor enige interessanthede gedurende jou dag, of dalk ‘n promosie vir jou besigheid, of dalk het jy ‘n goeie gedagte om te deel. Ek is mal oor Instastories en wanneer ons wifi aan is laai ek gereeld op.

Instagram is ook ‘n platform vir my om mooi gedagtes of ‘quotes’ te deel. Ek deel daagliks inspirerende goed daar. Ek het ‘n App (toep.) op my foon – Later. Hierdie App help my beplan waar en hoelaat op watter dag ek wat gaan plaas op watter sosiale media platform. Jip, hierdie blog is daadeur geplaas vandag omdat ek hierdie blog al op 29 Januarie vooruit geskryf het. 😉 Jip, ek is fanaties oor tegnologie wat my lewe beter en makliker maak. Ek gebruik ook Instagram om foto’s van my gesin te deel en ook promosies vir my besigheid. Soos julle weet is ek ‘n Happiness Coach so ek gebruik Instagram om dan daardie deel ook te ‘promote’. Facebook en YouTube gebruik ek om my video’s en blogs te ‘promote’ en op Pinterest kry ek allerlei oulike doen dit self of huis mooi maak idees.

Gaan loer gerus op die verskillende platforms. Jy sal dit self ook geniet om deel te wees daarvan. Veral wanneer jou familie of vriende ver bly, dan voel jy steeds deel van hul lewens.

Toodles!

c289f36fc13d4152c8d87545f0eed0f3

Foto: Pinterest via davewillis.org

7 thoughts on “My gunsteling sosiale media platform.

    • sonell sê:

      Jip! Juis wat ek hier gedoen het. Terwyl ons hier op vakansie rond karjakker het hierdie inskrywing geplaas. Het dit al verlede week geskeduleer. 😜 Natuurlik sien ek dat ek my WordPress media uitgelaat het. Sal dit later moet aanpas. Xx

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s