Hoekom ek doen wat ek doen.

fa5aeec46f442d057f402ee64fa4511dFoto: Pinterest via dreamstime.com

Daar het nou al verskeie mense na my toe gekom en gevra waarom ek doen wat ek doen.

Jy sien, sake staan so. Ons is ‘n klein plattelandse gemeenskap. Hier waar almal dink hulle ken almal, u know what I mean. 😉 Ons is ‘n lekker gemeenskap met lekker mense.

Die enigste ding is, niemand kan verstaan waarom ek doen wat ek doen nie. Hier in ons gemeenskap het jy ‘n werk wat jou ‘n salaris betaal en so gaan jy aan. Maar jy sien, daar is net een van my. Soos Smurfette in die Smurfs. Het jy al agter gekom dat sy die enigste dogtertjie Smurf is?

Ek is ‘n blogger, met ‘n YouTube kanaal, wat motiverings praatjies en video’s doen en onlangs ‘n boek uitgegee het. Sover ek weet is ek die enigste een wat al hierdie dinge doen en word ek gevra waarom ek dit doen. Heelwat het al vir my gesê dat ek aandag soek deur dit. Om die kollig op myself te plaas, maar gelukkig weet ek dit is nie die waarheid nie. Ander het my weer aangemoedig om aan te hou omdat hul dit inspirerend vind en vir hulle is ek dankbaar, want dit is vir sulke mense dat ek doen wat ek doen.

My werk (as jy dit so kan noem) is om op ‘n klein bietjie op ‘n slag ‘n verskil te probeer maak. Die lewe is klaar so grou, daarom het ek gekies om aan ander te wys hoe om die son te laat deurbreek en kleur in hul lewens te bring. Wanneer jy met my te doen kry sal jy sien ek het nogal ‘n stoomroller persoonlikheid. Ek is loud and proud en trots op wie ek is. Ek kies die kleur in die lewe omdat ek weet hoe dit lyk aan die donker kant. Ek weet hoe lyk depressie. Ek weet hoe voel diskonneksie van jouself. Ek ken die monsters in die donker hoeke van jou gedagtes en het toe gekies om dit teen te veg met die Woord van God en die sonlig van die lewe.

So daarom doen ek wat ek doen. Daarom kies ek om mense te leer van die lig. Die lag en die liefde. Ons kan hoe hard probeer om mense te beïndruk, maar as ons nie liefde het nie sal ons niks in hierdie lewe bereik nie. Ons sal net ‘n groot geraas maak! Ek doen wat ek doen omdat mense liefde nodig het en ek het baie om te gee.

Toodles!

6ad6ad2779245972598201c7fa5980be

Foto: Pinterest via livelifehappy.com

10 thoughts on “Hoekom ek doen wat ek doen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s