5 dinge om minder te doen.

Ek het nou al hierdie maand met julle gesels oor allerlei dinge om meer te doen. Waarvan die wêreld meer kort en wat ons kan doen om dinge beter te maak. Ons kan alleenlik dinge beter maak as ons ontslae raak van al die negatiewe gewoontes wat ons so vrylik gebruik.

Daarom, 5 dinge om minder van te doen:

Minder skinder.
Het jy geweet dat wanneer jy van iemand skinder sê dit meer oor jouself as van die ander persoon? Ook, moenie dood oor ‘n ander spreek nie. Wat jy saai gaan jy maai, so wees versigtig wat jy sê.

Minder gemors.
Ons leef in ‘n kits tydperk. Kitskos. Kits internet. Kits T.v. Meeste van hierdie kits goete is vol gemors. Of dit nou gemors is wat in ons liggame ingaan deur kitskos, of gemors wat in ons gedagtes ingaan deur die internet of t.v. Gemors is gemors en daarom moet jy jouself gereeld afvra. Is dit wat ek eet, kyk, luister goed vir my liggaam en gees? Gaan dit my opbou of afbreek? Hoe kan ek dit beter maak? Stap of oefen gereeld. Eet gesond. Drink meer water. Doen dit net!

Minder laat nagte.
Volgens statistieke is minder as vyf ure se slaap deur die nag en dan bestuur gelyk aan ‘n persoon wat dronk bestuur. Te min slaap veroorsaak ook dat jy meer geirreteerd is en minder kan fokus op die take wat jou aandag verg. Daarom word ma’s wat so min slaap as mombies beskou. Hahaha! Hoe meer slaap jy inkry hoe beter sal jy kan funksioneer, want jou brein sal uitgerus wees. En as jy nou vir my sê jou brein kan nie afskakel nie gaan jy so paar dinge in jou kamer en jou nagroetine moet verander sodat jy rustiger kan wees wanneer jy in die bed klim. (Hierdie is gladnie van toepassing op moeders van baba’s 2jaar en jonger nie. Dit is onmoontlik om 8 ure se slaap in te kry…)

Minder ligte.
Deur kerse aan te steek laat jou automaties kalmeer en dan nog meer wanneer dit lekker ruik. Kerslig het ‘n kalmerende uitwerking op ons en sal ons ook dan beter slaap in die nag. Buiten nou vir die kalmerende effek op jou gedagtes, red jy ook so op jou eie manier die aarde. Hoe minder elektrisiteit jy kan gebruik hoe minder steenkool hoef verbrand te word, hoe beter vir ons osoonlaag.

Minder lysies.
Vat dinge rustiger deur minder lysies te maak. Maak een lys van dinge wat prioriteit verg vir die dag en gee aandag daaraan. Die geheim lê in beplanning en as jy reg beplan sal jy vind dat jou stressvlakke van hero to zero gaan. Wees jou eie hero en beplan.

Nou ja, vir ‘n gelukkiger, kalmer lewe, volg die bogenoemde raad.

Toodles!

c4b2b9e392aa68b5f3767eb1e9fe7befFoto: Pinterest

3 thoughts on “5 dinge om minder te doen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s