Foto: Times Live website Val in die tuin dag was vir my en die hubster sommer super rustig en het ons mekaar en ons liefde gevier. Maar vanoggend toe ek wakker word was dit 'n heel ander storie! Die heel beste valentyn geskenk wat ek ooit kon kry. Zuma het bedank. Ja, ek het op … Lees meer Zuma is verlede seisoen.
Maand: Februarie 2018
My gunstelinge vir 2018
Foto: Pinterest Aangesien 2018 op so hoë noot begin het, het ek dit goed gedink om my gunsteling goed vir 2018 sover te plaas. Dit is nog Somer. My kantoor vir my skryfwerk en Happiness Coaching is ingerig. My YouTube (YouTube) kanaal is aan die gang. My kinders is mal oor hul nuwe skool en … Lees meer My gunstelinge vir 2018
My geheim!
Foto: Pinterest My geheim. Daar is een iets van my wat julle nie weet nie. Iets wat jou dalk so sal verbaas, dat jy met 'n veer omgetik sal kan word. Ek kry verhoogvrees... Jip. Dit is uit! Sodra ek moet alleen sing voor mense is ek so beklem in my binneste dat my stem … Lees meer My geheim!
Die liefde.
Foto: Pinterest Die liefde is geduldig. Die liefde praat nie kwaad nie. Die liefde is nie inhalig nie. Die liefde is nie oprukkerig nie. Die liefde hou nie 'n wrok nie. Die liefde is genadig. Die liefde vergewe. Die liefde is lief. Die liefde is vrygewig. Die liefde gee toe. Die liefde is eerlik. Johannes … Lees meer Die liefde.
Die perfekte misdaad.
Ek is hier julle partytjie diere! Het op pad hierheen gestop om 'n hyskraan te loop huur, want niemand dink dat die sementblok bo-op die skoorsteen ook 'n pond of wat kan weeg nie. Camilla, kan jy asseblief die ankle grinder aangee? Het ons 'n extension en generator? Nietemin, ek het dit ook saamgebring. Die … Lees meer Die perfekte misdaad.
My hart verlang na die Winter.
Foto: Pinterest Dit is Februarie. Die laaste maand van Somer. Normaalweg hier in ons Standerton dorpie het die bome al begin verkleur. Ek weet, want elke liewe jaar wanneer dit gebeur sê ek vir my gade: "Dit is dan nognie eens my verjaardag nie." Maar tot en met nou is ons tuin nog grasgroen en … Lees meer My hart verlang na die Winter.
Hiervan het ek meer nodig.
Daar is een spesifieke area in my lewe waar ek verskriklik baie sukkel en ek dink daar is baie van julle ook wat met dieselfde sukkel. Eet. Ja, 'n drie letter woord wat my lewe al vir baie lank moeilik maak. Ek het in Junie 2017 my eetgewoontes begin aanpas en in Augustus begin om … Lees meer Hiervan het ek meer nodig.
Doen dit self Vrydag!
My ouma is heel gelukkig en tevrede in haar nuwe kamer in die ouetehuis. Genade, mens kry haar amper nooit by haar kamer nie en dit maak my hart sommer bokspring van blydskap, want ek weet sy is gelukkig tussen die vriendinne. Op haar nuwe yskas was 'n plakker wat iemand probeer aftrek het, maar … Lees meer Doen dit self Vrydag!
‘n Geveg tot die dood.
Foto: Pinterest Ek het die afgelope paar dae uiters bewus geraak van die konstante geveg tussen goed en kwaad hier binne my. Daar was 'n paar keer 'n geleentheid waar die lelike ek 'n paar mense presies wou sê wat sy dink, maar dan het die mooi ek haar hand op my lelike mond gesit … Lees meer ‘n Geveg tot die dood.
Vitamiene see my nou!
Foto: Pinterest Ek het nie gister geskryf nie! Dit was seker die besigste dag van hierdie jaar tot dusver. Ek kon net nie grondvat nie. Nietemin, ek is NOU hier. Hoe nader dit aan ons vakansie kom hoe moër word ek. Ken jy ook die gevoel? Ons was nou 'n jaar terug laas met vakansie … Lees meer Vitamiene see my nou!