Die behoefte aan beheer.

Ons word gebore met die behoefte om ons omgewing om ons te beheer. Dit laat ons veilig en selfversekerd voel. Wanneer ons omgewing veilig voel funksioneer ons makliker en voel ons meer gelukkig.

Maar daar is ‘n geheim.

Hoe meer jy in beheer voel van jou innerlike en jou gedagtes en emosies, hoe minder wil jy, jou uiterlike omgewing beheer.

En anders om.

Die geheim is om jou gedagtes te beheer. Sodra jy, jou gedagtes onder beheer het kan jy, jou emosies beheer. Deur dit te doen kan jy kalm reageer op uitdagings en kwaliteit besluite neem.

Die beste manier om jou gedagtes te leer beheer is om bewus te wees van wat jy dink. Om elke keer wanneer daar ‘n negatiewe gedagte opkom dit te vervang met ‘n positiewe gedagte.

Maar voordat jy dit kan doen is daar een spesifieke ding wat jy kan gebruik om dit te doen. Jy kan leef met ‘n gesindheid van dankbaarheid.

Deur elke dag ten minste drie goed neer te skryf waarvoor jy dankbaar is maak dit jou bewus van hoeveel jy het in verhelyking met ander. Hierdie gesindheid van dankbaarheid sal oorspoel in ‘n gesindheid van goedhartigheid en jy sal meer bewus raak van hoe jy ander mense kan help wat dan ook jou lewensgeluk vlakke laat lig en dan is jy weer dankbaar daarvoor. Dit is die perfekte positiewe kringloop wat dan jou gedagtes positief beïnvloed en jou help om ‘n balans te handhaaf tussen jou innerlike en uiterlike beheer.

Onthou om jou drie goed neer te skryf waarvoor jy dankbaar is!

Toodles!

Foto: Pinterest

6 thoughts on “Die behoefte aan beheer.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s