Sussies in Jesus.

Foto: Pinterest

Ek het vanoggend weer ‘n video op my Facebook groep geplaas.

https://m.facebook.com/groups/1294873337297955

Daarna het ek ‘n oproep ontvang van ‘n mede sussie in Jesus waar sy haar gedagte wat sy gehad het met my wou deel. Die gedagte het so perfek by die video gepas en na die tyd het ek besef. Soms voel die storms van die lewe teveel en wonder ons of ons ooit land gaan bereik en dan stuur die Here iemand soos die om jou uit die bloute te bel en aan te moedig met haar boodskap.

Ek het onlangs baie in myself en my vermoë om as motiveringspreker en happiness coach begin twyfel. Ek weet ek is gekies hiervoor en dit is my roeping, maar wanneer ondersteuning van mense van wie jy dit sou verwag ontbreek begin jy wonder of jy eintlik die regte een is vir die joppie.

Gedurende die oproep sê die sussie in Jesus vir my dat ek moenie ophou nie, ek maak ‘n verskil en sy geniet die video’s baie. Gedurende die afgelope week het ander ook vir my gesê ek moet nooit ophou nie, ek is ‘n inspirasie.

Dan onthou ek weer waarom ek doen wat ek doen. Ek is geroep om mense wat vergeet het hoe om volgens die hartklop van God te dans weer te leer dans. Dit is my doel om hulle weer die kleur in die lewe te wys.

2 Timothy 4:2-5Amplified Bible (AMP)

preach the word [as an official messenger]; be ready when the time is right and even when it is not [keep your sense of urgency, whether the opportunity seems favorable or unfavorable, whether convenient or inconvenient, whether welcome or unwelcome]; correct [those who err in doctrine or behavior], warn [those who sin], exhort and encourage [those who are growing toward spiritual maturity], with inexhaustible patience and [faithful] teaching. For the time will come when people will not tolerate sound doctrine and accurate instruction [that challenges them with God’s truth]; but wanting to have their ears tickled [with something pleasing], they will accumulate for themselves [many] teachers [one after another, chosen] to satisfy their own desires and to support the errors they hold, and will turn their ears away from the truth and will wander off into myths and man-made fictions [and will accept the unacceptable]. But as for you, be clear-headed in every situation [stay calm and cool and steady], endure every hardship [without flinching], do the work of an evangelist, fulfill [the duties of] your ministry.

Amplified Bible (AMP)

Copyright © 2015 by The Lockman Foundation, La Habra, CA 90631. All rights reserved.

Ons besef nie altyd nie, maar wanneer ons in Christus is en Hy in ons, is ons deel van ‘n groot familie met baie sussies in Jesus. Ek is dankbaar vir elke sussie in Jesus wat ek het, want saam dra ons mekaar en hou ons die Goeie Nuus van Jesus Christus lewendig van generasie tot generasie tot Jesus weer kom.

Toodles!

2 thoughts on “Sussies in Jesus.

  1. travel460 sê:

    Dit was nou so lekker om jou ‘in lewende lywe’ te ervaar, Sonell. Jou positiewe gees spoor mens dadelik aan om die lewe van ñ ander hoek af te bekyk. Mag jy voel hoe God jou direk aanmoedig om voort te gaan, om aan mense liefde te betoon, en sommer net jou sprankelende self te bly.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s