Die geboorte van ‘n krokodil.

Ek het ‘n krokodil in die lewe in gebring!

Dit was nou iets om te beleef hoor! Ons was gedurende ons vakansie by die Crocodile Creek. Daar is huidiglik min of meer 12 000 krokodille op die plaas.

Wanneer jy daarnatoe gaan kan jy op ‘n toer gaan waar jy kan sien hoe hul gevoer word en waar hul gegroei word ens. Die gids het allerlei avontuur stories en dan kan jy ook die kans kry om ‘n krokodil vas te hou of te help uitbroei.

Die uitbroei is nogal ‘n grillerige affêre. Die krokodil se snoet het reeds die dop gebreek, so al wat jy dan doen is om die dop verder oop te skeur. Dan sit jy jou duim onder die krokodil se keel en wysvinger agter sy oë en trek dit uit die dop uit. Die dop is sag. Nie hard soos ‘n hoendereier nie.

Dit is ‘n ongelooflike gevoel omdat jy weet hoe groot en sterk hierdie diere word en jy het sopas een in die lewe ingebring.

Sou jy jouself in Ballito vind sal ek verseker aanraai dat jy by Crocodile creek ‘n draai maak.

Toodles!

Hierdie een is nou al bietjie groter. 😁

6 thoughts on “Die geboorte van ‘n krokodil.

    • sonell sê:

      Dankie 😜 Nee, omdat hul die eiers uit die neste haal en in ‘n broeikas sit kry jy dit dat sodra die eerste groep uitbroei, begin die volgende groep ens, dan sit jy met prem krokodille wat dalk nie oorleef nie. So dan vat hul die wat begin uitbroei en sit hul onder in ‘n ander broeikas, dan bly hul stil lê en hou op uitkom. So dan kan die besoekers ook die kans kry om ‘n krokodil in die lewe te bring. Baie interessant 😉

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s