Misverstande rondom my.

IMG_7720

Foto deur CH Photography Ballito

Vra jy verskillende mense uit oor my gaan jy verskillende opinies kry. Sommige sal sê ek leef met my kop in die wolke. Ander sal my as snobisties beskryf. Ander sal my weer as vriendelik en oop beskryf. Jy sal selfs die kry wat my as afsydig en koud beskryf. Daardie antwoorde sal alles kom uit die monde van mense wat OF gereeld OF nie so gereeld met my te doen kry nie.

Op die einde van die dag is die enigste opinie rodom my wat werklik saak maak die van die Here. Hy ken my selfs beter as ek self.

Die afgelope ses maande het ek innerlik ‘n gedaante verwisseling ondergaan. Ek het ook tot die besef gekom dat ek nie meer nodig het om omverskoning te vra vir wie ek is nie. Ek is ‘n kind van die lewende God. Ek het ‘n intieme, daaglikse verhouding met Hom. Uitverkies om Sy Woord te bestudeer, oor te dra en te verkondig. Ek is kleurvol. Helder en vol lig. Ek geniet elke oomblik van elke dag.

Ek kom vanuit die donkerte. Ek ken skaduwees wat jou jaag en jou lewe van jou wil steel. Ek ken die oorlog in my kop wat vir jare aan die gang was en ek is dankbaar elke dag teenoor die Here dat Hy my beskerm het en ek dit oorleef het.

So nou is ek een-en-dertig en staan ek aan die begin van ‘n nuwe reis. My reis as Teologie student is amper verby en is ek tans besig met my laaste sewe vakke. Die dat ek deesdae so min hier in die blogger wêreld kom kuier, maar dit is amper verby.

Ek het ‘n punt in my lewe bereik waar die misverstande wat mense omtrent my net nie meer saak maak nie. Al wat saak maak is die aanvaarding wat ek gekry het by die Koning en Hy ken my so goed dat ek nie anders kan as om tyd saam Hom te wil spandeer nie, want al voel ek soms mismoedig, al is ek die dag knorrig, al glimlag ek eendag soveel dat my wange pyn aanvaar Hy my nes ek is en daarvoor is ek dankbaar. Ek weet dat Hy my nooit sal verlaat nie, veral nie die dag as ek op myself opgee nie, want ek weet dat ek weet Hy sal nooit op my opgee nie.

Ek hoop dat jy ook sal besef hoe groot en onvoorwaardelik Sy liefde vir jou is.

Toodles!

 

 

6 thoughts on “Misverstande rondom my.

  1. travel460 sê:

    Sonell, vir my is jy pragtig en opreg en het jy ń diep liefde vir jou God en jou medemens…en ek het jou nog nooit eens in lewende lywe ontmoet nie! Dit sê reeds baie, jong. Ons hier op blogland, “we get you.”🌺

    • sonell sê:

      Ek het ook tot daardie gevolgtrekking gekom. Mense ervaar sekere dinge anders, maar ons moet nooit vergeet om mekaar en mekaar se doelwitte te respekteer nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s