Mamma vir ‘n derde keer!

Ja ja, ek weet wat julle gedink het toe julle hierdie opskrif lees… Dit is gelukkig nie net ‘n halwe waarheid nie.

Ek het vandag weer ‘n mamma geword! Haar naam is Lillie en sy is 8 weke oud. Sy is opgewek en huil vir my as sy wil slaap.

Vanaand het ons hele gesin sommer saam gebad en stort en Lillie het op my klere aan die slaap geraak. Daar het sy vir amper ‘n uur en half geslaap toe kom soek sy my in die sitkamer, krul op in my skoot en slaap verder.

Ek het nie so geheg aan ‘n troeteldier grootgeword nie en sovêr in my volwasse lewe het ons net katte gehad wat weggeloop het… Daarom het ek nie vreeslik die troeteldier ding bedink nie, want ek ken nie honde nie.

Ons praat nou al lank daaroor om ‘n hondjie te kry. Veral vir die kinders is dit goed, maar ek was nooit regtig heeltemal vir hierdie idee nie. Tot ek my issues uitsorteer het en my skoonma’le se woef uit die bloute begin het om na my toe te kom en teen my te lê ens. So ek glo ek is deur die Here ‘n nuwe skepsel, die ou dinge is verby!

Daarom het ek vandag troeteldierwinkel toe gegaan en hulle het haar in my arms gedruk. Ons oë het ontmoet en dit was liefde met die eerste oog op slag.

Sy het my skaduwee geword binne die eerste paar uur. Selfs my oudste het haar al op haar eerste stappie om die blok gevat. Nou is sy weer pootuit en lê opgekrul in my skoot.

Nog nooit het enige dier so vinnig in my hart gekruip nie. Ek is nou ‘n honde mamma. Lillie se mamma.

Toodles!

8 thoughts on “Mamma vir ‘n derde keer!

  1. perdebytjie sê:

    Ag jinne, sy is pragtig! Ek is ‘n hondemens en kan jou verseker jy sal net vreugde uit hierdie diertjie kry.Kom net eers verby die plassies-op-verkeerde-plekke-stadium, dan gaan sy net ‘n plesier wees.

    • sonell sê:

      Ag te lekker! Ons gaan stap ook nou elke dag. Sy is vreeslik lief daarvoor, so nou het ek geen rede meer om nie Maandae, Woensdae en Donderdae te oefen nie. Sy is mal daaroor om in my arms te slaap en speel vreeslik lekker saam die kinders. Kan sien sy draai ons almal om haar pinkie. ☺️

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s