Met ons nuwe belasting wat nou 15% is wonder ek of dit net ek is wat dit opgemerk het. Die pryse van basiese kruideniersware soos brood en melk het die hoogtes ingeskiet!
Ek staan voor die toiletpapier rak vandag en probeer die goedkoopste, beste pak kies. Die vorige keer het ek die borskanker, CANSA se pienk toiletpapier, gekoop en tot my spyt is daardie toiletpapier so halfhartig en pap opgerol dat dit werklik nie die moeitewerd was nie. Selfs die helfte minder ook as gewone rolle… Nou vra ek jou. Waarvoor het ek betaal? As ek duur betaal vir toiletpapier en dit is so pateties maak dit my die josie in. Jy dink jy ondersteun ‘n goeie doel, maar dit is so pateties gedoen. Ons verkies 2ply, en ons sal seker ook een of ander tyd oor gaan na die 1ply, maar jittetjie tog!
Nou wonder jy seker waarom sal enigiemand so tekere gaan oor toiletpapier…
Dit is nie NET toiletpapier nie, dit is brood, melk, eiers, jogurt, kaas en die polony maak ons siek… Hoe hou mens by? Ek wil nie elke dag net brood insit vir my kinders nie. Dit is wat ek vir 12 jaar lank elke dag gekry het en ek kla gladnie, ek is baie dankbaar dat ek tenminste ‘n kosblik kon gehad het, daar is baie wat dit nie kan kry nie.
My punt is, ek wil graag vir my kinders lekker kosblikke insit. Hulle kry baie brood by die huis, so ek probeer druiwe, jogurt, ‘n soutkoekie of twee, vrugtestafie en kasie insit, maar die goed raak nou belaglik duur! Hoe hou mens by?
Wat doen jy om te spaar op die kostes van groceries? Wat maak jy self of hoe sny jy en wat vervang jy?
Toodles!
Ja die verbruiker moet die spit afbyt terwyl die middelman niks verloor.
Is belaglik!
Ek hoef net vir my en manlief aan te koop. Kan net toekyk hoe swaar die kinders trek met al die prysverhogings, so ek verstaan jou ontsteltenis.
Dit is verskriklik! Ek vat nie eens meer die kinders saam winkel toe nie, want ek sê heeltyd nee en dit is nie lekker nie.
Ek sny my rieme nog al my lewe baie dun. so ek het nie ‘n idee waar om nog te spaar nie. Sterkte met die kinders grootmaak. Dit verg kopkrrap
Ek self. Soek nog altyd die beste bargain, maar genade, is soos jy sê, mens weet nie meer waar om te sny nie.
Ja, hierdie verhoging in BTW sal weer behoorlik misbruik raak. Dis so jammer.
Dit is verskriklik jammer. Skynbaar omdat ons vorige president geld gemors het. Nou moet ons terugbetaal.
Ai
Ek kry die werklike arm mense bitter jammer. Dit grens egter aan bedrog om basiese voedsel se pryse ook op te skuif. Die punt was dan om dit uit te sluit van BTW om dit bekostigbaar te hou vir die armes.
Presies!
Ons koop baie van ons kosvoorrade in die klein winkeltjies en straatstalletjies waar ons die mense leer ken en vertrou het. Jy kry soms heelwat beter waarde vir jou geld as by die groter kettingwinkels wat eintlik cater vir die vakansiegangers se sakke.
Ek koop ook maar soos daar specials is en probeer meeste van my goed by Checkers (in secunda) te koop. Spaar maklik R500 op groceries as ek net specials aankoop.
Ek sal dit ook moet begin doen of in bulk koop? Veral as daar specials is. Ons almal gaan ten minste een maal per maand Secunda toe. 🙂