Na al die Tiramishoehoehoe, is Gigaba en Abrie saam die ander polieste braaf genoeg om die kelder aan te pak. Ek stem in. Ek en Una is die enigste nugteres hier onder almal, want ons is mos ge-evangeliseer… Nietemin. Die res stem ook in, want Toortsie se Tiramigelico het die ding gedoen.
Ons vind die versteekte opening na die kelder weer na ‘n gesukkel, want Gigaba het dit toegeslaan om die spoke binne te hou. Abrie loop voor met Gigaba kort op sy hakke, dan ek, Kameel, Woestynkind, Toortsie, Lekkervurig, die res en Una agter. Una is slim genoeg om ‘n tou by die opening en aan haarself vas te maak. Met al die gange hier binne kan ons net verdwaal.
Die tonnel is klam en bedompig. Ons stemme weergalm. Almal giggel van senuwee of is dit nog die naskokke van die gefrangelikiseerdery? “Hierts!” gil Gigaba. “Vir wat vat jy aan my boud Abrie?!” Nee sê Abrie; dit was nie hy nie. Regs af sien ek ‘n nuwe tonnel en spring vooruit om hul daar af te lei. “Ish jy shieker ons moet hier af?” Vra Toortsie bangerig. “Ons was mos al in die ander tonnel af. Die een moet iewers heen lei. Volg my net.” Die tonnel is so donker, net my koplamp skyn op die pad voor ons voete. Elkeen hou aan die een voor hom se skouers vas. Stil soos muise gaan ons die tonnel af.
“Ha ha ha…” Kom ‘n vreemde stem uit die donkerte. “Julle wil my joernaal hê, nie waar nie?” Oupa groot Piet verskyn voor my. Gille weergalm uit die donkerte en almal is nugter geskrik. “Ja oupatjie. Ons soek jou joernaal. Ons kan veel meer met daardie ponde doen as jy wat bokveld toe is.” Sê ek braaf. “Ek gaan julle nie sê waar dit is nie. Daar is ‘n vloek op daardie ponde en enigiemand wat dit vind se lot is ewig.” Met die woorde verdwyn hy weer. “Wat maak ons nou?” Vra Kameel. “Ons gaan reguit aan.”
Na baie ure se stap kom ons uiteindelik weer by ‘n opening uit. Ek stoot die deur oop en besef ons is aan die binnekant van ‘n bank se kluis! “Ouens, ons het die jackpot geslaan vandag!” Strompelend bondel almal van opgewondenheid by die kluis in. Ons vergaap ons aan al die laaie vol geld.
Reg ouens. Woestynkind maak almal bymekaar en deel hulle in ses spanne van twee op, maar sy is saam Gigaba en Abrie, want Gigaba kan mos nie tel nie. “Nou moet ons begin tel en ons sakke vol maak. Enige plek waar jy iets in jou arms of klere kan indruk, doen dit. Skryf die bedrag neer wat jy het en hou die getal veilig. Ons skryf ook alles op ‘n lys, geen name nie asseblief, net bedrae, dan kan die bank se boeke ook ten minste nog balanseer.” In ‘n koor roep almal uit: “Yes mam!” En spring aan die werk.
Nou kan Una weer verder vertel.
Toodles!
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Uitstekend – jy het die spulletjie op die regte spoor gehou. MAAR *skok*, die bank se kluis! O hel, nou soek julle groot moeilikheid, maar as die polisie daar is en ook help inpak, is dit seker maar oukei. Net een vraag. Nee, maak dit twee. Wie het aan die sersant se boud gevat? Vertrou jy wragtag almal om reg te tel? Sorg asseblief net dat ek my aandeel ook kry.
Was die ander spook. Dink ek moet dit net duidelik inskryf 😅 Die instruksies het my ook verras met die bank se kluis 😂
Die polieste was eerste om in te pak. 😜
Haha
Nou vrek ek van nuuskierigheid. Was daar toe Engelse Ponde in die kluis of net die gewone soort bankrowerbuit? Ek neem aan Una gaan ons vertel?
Ja, sy het op die versteekte hokkie met die ponde afgekom. Sy hou dit veilig…
So daai twee spoke was ook uitgeslape met hulle bêreplek.
Netso!
Klink of daar vatterige spoke daar rondhang, of dis dalk nog die gedokterde poeding wat almal orig maak.
Né! 😜
Het gesien wie dit was g’n sppok nie maar ek is soo stil soos ‘n monnik in ‘n bieghokkie
Toe skryf jy my sowaar binne in daardie tonnel in!!!! Ek sien ons klomp al klouend aan mekaar daardie klam tonnel afloop. Gelukkig is Toorts nou nugter geskrik 😀😀😀
Alleen is ons vrek bang, saam is ons braaf, met die hulp van Toorts se Tiramishoeshoe natuurlik. 😄
Ek moes definitief van daardie edele monnik goed ingekry het… want nugter sou jy my nie by daardie skoorsteen afgekry het in donker tonnels in nie. Hoe jammer dat ons nou die bank se geld gaan vat… hoe pla my gewete my nou. 😢
Ek is te bly ek kan nou my kinders se Universiteitsgelde betaal en kleingeld hê.
😀😀😀😀 Dan doen jy darem iets positiefs met die geld. Hopenlik vind jou kinders nie uit waar hulle studiegeld vandaan kom nie.
😄
Ek gaan vir Una soek….
Wat wil jy nou met Una maak lekkervurig…. jy moet geld tel en in jou sakke stop!!! O ja… en nog neerskryf ook. Kan jy jou die mal spulletjie indink!!! Waar was ek laas? O ja R50 000… R50 050….
Wonder ek ook Kameel. Dalk wil sy van daardie ponde vir haarself hê. Ek hoop Una hou ‘n ogie…
Kameel, as jy ñ oomblikkie het, daar is ñ ietsie hier in ñ eenkant laaitjie…Jy wees mos ek het tande wat krone moet kry…sug.
Nou het jy my nuuskierig!!! As ek net onder Lekkervurig se oë kan uitkom. Sy hou jou soos ‘n valk dop.
Hier is gelukkig ñ hele paar ‘kroontjies’, en ag, almal skitter te pragtig! Lekkervurig gaan vir my sê ek moet uitspoeg, ai tog. So los haar nog ñ rukkie, ek sal nou-nou vir almal sê daar is blink klippies. Net nog ñ rukkie met ñ bek vol goud rondstaan.
Hou vir lekkervurig besig Kameel. Ons kort daai kroontjies.
Lekkervurig jong, ek is hier! Kan net nie nou baie sê nie, want my mond is ook vol…
Jy is nie veronderstel om die ponde te eet nie, net tel en veilig hou.
Hoop nou nie Una maak soos die drugsmouse en sluk die ponde in nie 😁😁😁😁😁
😮 O nee!
Mmmm. Dalk het een van die laaitjies iets anders in wat ek as krone kan gebruik…
Nou wonder ek…
O nee, nie die ponde nie! Ek word te vinnig naar vir goed wat ek insluk. Ek kyk baie teevee, daar is ander maniere. Toortsie, is hier iewers koffie? Ek wil net ñ bietjie sit en dink oor al die moontlikhede hier voor my. En KAMEEL, loop bêre die “guilt card” nou dadelik! Ek het nog glad nie vergeet van ons Italiaanse villa nie!
Netso!
Ek weet nie van koffie nie. Al waaroor ek bly is, is dat ek ‘n sekere onderkleertjie aanhet, jy weet, dis mos ideaal om munte wat nie aangeteken is nie, in te stop.
Flink gedink Toorts!
Ons gaan hier uitstap as vrouens wat GOED bedeeld is, Toortsie.
Behoorlik!
Wou nog altyd ‘n paar ekstra paar ponde saamgedra het…
Daai bêreplek is net die plek vir ‘n paar ekstra ponde.
Jy sien!
Dis tog ontstellend dat ons nou op ons oudag diewens word!
Tog opwindend!
Het julle sakke saamgebring om die geld in te pak?
Net ons kleresakke 🙈
Maar klein! Sal nie derduisende kan uitneem so nie. Ek dink ons moet vannag weer kom.
Sal moet kreatief wees met die klere. Al loop ek net met mo onderklere hier uit, sakke maak sal ek sakke maak.
Slim!
Ek het nou eers’n bietjie gerol in die geld. Dis nie aldag wat ek so ‘n kans kry nie!
😅😂
Ons sal moet slim pak
Vandag is ‘n belangrike dag. Die dag self is eintlik nie so belangrik nie. Dit is net dat dit die dag na die 15de is – ons het die Ides of March oorleef! En dit terwyl ons met Gig(b)abas en spoke deurmekaar is.
https://abriejoubert.wordpress.com/2018/03/12/beware-the-tides-of-march-a-quote-from-shakespeare/
Ek het nie van jou Ides of March gister vergeet nie. Jy sal maak dat ek bygelowig word.
Una….Kameel…rerig. G’n wonner Oom Piet joubert het so James Bonderig opgetree nie “Diamonds are forever….”
Ek wil ook kroontjies hê.
Jinne, julle is nou Blingerige Towerinne. Blink in die bek en vet beursies. O,eh,eh. Julle beter op julle se tone wees, hier gaan weer suid….Abrie, Hester help…
Abrie, newwermaaind die Ides, ek wil weet wie die vatterige persoon is. Jy kan maar bieg, my seun.
Ons sal seker nooit weet nie.
Abrie hou daarvan om te terg. Hy kort ‘n pak slae.
Sal hom oor my skoot trek.
👌
Sonell so jy wil aan my boud ook vat!!!
Spaar my dit! 😂 My man se boud is lekker genoeg.
Ek aanvaar. Bloot ‘n misverstand.
😂😂
As mens in die donket tas lei dit maar tot misverstande
Ja, ons sien mos niks. Dink dis ‘n muur dan is dit ‘n boud.
Hy probeer ons op ‘n dwaalspoor sit met sy Ides- gedoentes….tipies van ‘n skuldige skelm, né Hester!
Net so!
Hoekom is hierdie hoofstuk 5en 6? Gaan Woestynkind nie deelneem nie?
Sy kon ongelukkig nie. Nou kan ek nie onthou waarom nie… 🙈
Dis reg so. Nou kom ek darem gouer aan die beurt. Kannie wag nie!
Ek ook nie! 😁
Sy moes Kaapstad toe vlieg en ons het Sonell gevra om 6 ook te doen.
Dankie Hester. Ek moet bieg. Ek het vrek lekker hieraan geskryf.
Dis groot pret. Ek is reeds besig om die hoofstukke oor te laai vir die boek en dan giggel ek nog ‘n slag vir al die stories en kommentaar.
Kan nie wag om weer als saam te lees nie.
As die skryflus ons weer beetkry, skryf ons volgende keer ‘n hygroman 😜
Ek is in!
Net gewonder of sy per ongeluk oorgeslaan is.
❤️ Dis goed om te sien jy gee om. Xx
Nope. Ons het gehoop dat elke deelnemer van die vorige avontuur ‘n deel van die opvolg sou kon skryf, maar soms kom die werklike lewe verby …
Ja dis maar hoe dit is.
Ek het ook gewonder oor hfsk 5&6… skryf dit toe toe aan Frangelico.
😅😅😅😅
Hierdie Frangelico gaan nog lank met ons spook!
Ek dink die dames moet maar op hulle eie ‘n hygroman skryf!
Moenie dink jy gaan loskom uit hierdie een nie,Abrie!
Ja, iemand moet die man se kant vertel.
Hy kan so oulik skryf. Ons kan hom regtig nie verloor nie. Miskien moet ons hom meer sagkens behandel in ons stories.
Ons sal moet ja. Arme haan onder ons kekkelende henne. 😄
Abrie se Ah-harem….wat ‘n titel
Ja!
Spaar my dit ooh eh eh.
😅
As dit nie vir die Frangelico was nie, het julle my nie in daai tonnel gekry nie!
Uitstekend geskryf.
Jy sien! Dankie*
Lekkervurig nou het jy my dag gemaak. Abrie se Ah-harem 😀😀😀 Nou voel ek tot jammer vir Abrie ook!!!
Dis ‘n briljante titel!
Hopelik kry ek noe n kans om in te kom. By Toorts was ek te laat. Ek het die volgende inligting gegee:
Jammer maar ek moet hierdie antwoord nog by jou inskrywing stuur omdat dit belangrike inligting is.
Ek is telkens te laat omdat my ure so verskil.
Aha, uiteindelik is daar n opening vir my om nog n eiertjie te le! Eers Abrie, my goeie vriend, wat dink jy van die NZ uile? Hule meng nie in met SA uile nie. Porkie verlang hoeka huistoe na sy maatjie. Hul is mos lewenslange maters. Dan wat die kissie en journaal betref: dis soos Kameel se daar is n ander tonnel wat n tak van die tonnel is waarmee Sonel in Mosambiek uitgekom het. In daardie tonnel is die gat wat bo die waterlyn is en waarin die kissie met die joernaal is. So as Kameel en Sonel nou gaan soek moet hul eers die ander tonnel deel soek en dan ingaan. Wees net gewaarsku die twee spook omies boer ook in die tonnel omdat oupa groot Piet sy joernaal dophou.
Ek sien jy het toe uit jou eie die tweede tonnel gevat en op Oupa-groot Piet afgekom.
Dis n heerlike draai in die storie. Hoekom het jy die sersant saamgevat? Hy het hom dan wit geskrik vir die spoke!
Hy was braaf genoeg om saam te gaan na die Tiramishoe. 😉
Ha ha, en nou voel dit seker soos hemel op aarde met al die geld.
Ons pak nog in en tel. Gaan moet kreatief wees met die wegdra.
JUl moet nou nie al die geld wegskrik as oom Paul en Oupa-groot Piet julle agtervolg nie. Sing maar die ou Transvaalse Volkslied. Dit sal hul tot rus bring. Dalk vertel oom Piet dalk n geheimpie of twee.