Keelvol vir boelies!

Ek is as kind mondelings geboelie. My lippe was te groot. My ore te groot. My hare te frizzy… Ek is keelvol vir boelies!

Gister lees ek van ‘n laerskool kind wat homself gehang het omdat hy by die skool geboelie is. WAAROM HET NIEMAND IETS DAARAAN GEDOEN NIE? My hare rys as ek stories hoor van ouers met kinders in die hoërskool wat sukkel met ONDERWYSERS wat die kinders boelie. Kyk, jy moet met my kind sukkel. Ek sal eers die boelie se onderwyser spreek, as daar niks gedoen word nie sal ek die hoof van die skool besoek, indien dit voortgaan sal ek die ouers persoonlik besoek, as dit steeds aangaan sal ek die onderwysdepartement in kennis stel en as daar STEEDS geen verandering is nie sal ek my magtigste wapen gebruik. My rekenaar en die media.

Ek sal nie ‘n boelie om my gesin duld nie. Ek duld nog minder volwasse boelies. Volwasse boelies is die ergste, maar kan nes ‘n kind uitgesorteer word. Ek voel uiters sterk oor hierdie saak. Soos julle kan aflei en het ek ook maar nodig om vandag stoom af te blaas, want my hart pyn vir daardie ouers wat ‘n kind aan die dood moes afstaan a.g.v kinders wat nie hul plek ken nie.

Ja, ek verstaan. ‘n Persoon wat ‘n ander persoon boelie of probeer onderdruk gee net uiting aan die swak selfbeeld wat hul het en dalk beleef hul ook slegte omstandighede by die huis, maar ek sal dit nie duld dat dit op my kind of enige van my naastes of hul kinders uitgehaal word nie. My maanhare en naels kom uit en ek sal hul op ‘n diplomatiese manier uitsort.

Nou ja. Klaar stoom afgeblaas.

As jy niks goed kan sê of doen nie, doen dan niks. Bly net stil. Om ‘n ander persoon af te kraak gaan nie jou lig helderder laat skyn nie.

Koebaai.

En as iemand jou boelie, staan op vir joouself! Moenie soos ek altyd het net stilbly nie. As jy sien iemand word geboelie, staan op vir daardie persoon, Staan op vir dit waarin jy glo! Ek sien hopeloos teveel mense met selfbeeld probleme omdat die opinies en aksies van ander op hul lewens soveel afbreek.

14 thoughts on “Keelvol vir boelies!

  1. travel460 sê:

    Jy het die regte ingesteldheid, Sonell. Jou gesin moet beskerm word. Ons almal weet dat boelies ñ slegte storie met hulle saamdra, maar dan moet dit ge-identifiseer word en hanteer word. Onmiddelik. Niemand mag toelaat dat daar gebreekte mense rondloop as gevolg van ñ ander se probleem nie. Niemand nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s