Daar is een ding in my lewe waaroor ek gladnie spyt is nie en daar is baie waaroor ek wel spyt is, maar hierdie spesifieke ding is ek gladnie oor spyt nie.
My tyd as ‘n buikdanser.
Dit het alles een dag by die werk begin toe ek nog in die Kaap gebly het. Ek was pas uit ‘n rowwe verhouding en het nutteloos gevoel. Goed vir niks en niemand. ‘n Vriendin by die werk het my genooi om een Saterdag saam met haar na ‘n Buikdans (Bellydance) klas te gaan. Die eerste klas was gratis en ek was platsak, so dit was iets om te doen. Ek het gegaan en dadelik daarop verlief geraak.
Die ding met buikdans is dat dit gladnie is soos ontklee dans nie. Baie mense verwar die twee met mekaar. Buikdans was oorspronklik begin in die Arabiese lande en was gedoen deur vroue vir vroue. Dit is ‘n viering van die vrou se liggaam en kurwes. Dit maak die heupe los en help dan ook met die normale geboorte proses. Eers op ‘n later stadium het mans dit begin geniet om daarna te kyk…
Ek het gewoonlik by vroue partytjies gedans. Kitchenteas en funksies waar vroue gevier word. Ek het ook klas gegee om te help met gewigsverlies. Soos julle in een van die boonste foto’s kan sien… voordat ek baba’s gehad het… was my maag pragtig gevorm daarvan. Dit was ‘n tyd in my lewe wat ek altyd sal onthou en ek hoop om dit ook vir my eie dogtertjie te leer eendag. Wie weet, miskien begin ek weer klas aanbied vir die oefening daarvan. Ek het dit baie geniet om te buikdans en sal so nou en dan weer vir my eie man dans. 😉
Sou iemand in jou dorp of stad buikdansklasse aanbied sal ek jou sterk aanraai om te gaan. Jy sal ‘n sensualiteit omtrent jouself ontdek wat net jou verhouding met jouself sal versterk. Dames, jou liggaam is gebou. Vier dit en wees lief vir jouself.
Wow vir jou! Ek het ook ñ vriendin wat die klasse hier in Harties aanbied, maar wou dit nog nooit self probeer nie. Nou wonder ek…
Doen dit! Jy sal gaande wees daaroor.
Ek het ook eenkeer so ‘n gratis klas bygewoon. Dis baie lekker. Maar ek is maar bietjie preuts as dit kom daarby om my kurwes ten toon te stel vir ander mense. Jy lyk pragtig op die foto’s!
Dankie* Ek sal ook nie nou sommer weer my kurwes ten toon stel nie. 😅 Ek is uitgerek…
Mooi fotos. Ek sal dit liewer nie probeer nie. Ritme is die een talent wat ek beslis nie gekry het nie. Ek sal dalk net op my buik beland as ek die bewegings moet uitvoer.
😂 Lekker lag ek nou! Ek is nou so uitgerek ek hoef net te lag dan dans my buik vanself…
Iets wat ek op my bucket-list gaan skryf, net onder “Ek beter iets aan die gewig doen”
Jy sal dit sommer baie geniet!
Ek is nog ook sommer lus
Moenie dink nie, doen dit 😉
Daar was nie sulke dinge in my jong dae nie. Klaar my ouers gryshare gegee… dit sou vir hulle die laaste strooi gewees het. 😮
😂 My ouers was mal daaroor om te kyk hoe ek dans.