Geloof. Hoop. Liefde.

Vandag was menseregtedag en die hele dag terwyl ek huis skoonmaak, wasgoed was, speelgoed optel ens dink ek hieraan: “You have the right to remain silent.”

Soos ek daaraan dink, dink ek ook hoe ek daaroor kan skryf. Soos dinge huidiglik in ons land staan moet ons as Afrikaner liefs nie iets sê nie. Dit sál teen jou gebruik word uit konteks en as rassisties bestempel word. So maal dit deur my kop. Oor en oor en oor en ek voel hoe daar sade van bitterheid in my hart geplant word. Meteens maak die Heilige Gees my daarvan bewus en besluit ek om vanuit ‘n ander hoek te kyk.

Geloof.

Ons Geloof in ons lewende God moet ‘n vaste fondasie wees. As ons nie hierdie geloof elke dag beoefen deur ons werke nie beteken dit niks. Hebreërs leer ons dat geloof sonder werke dood is.

Hoop.

Jesus is ons hoop. Hy is ons Leidsman en verlosser. Hy is ons raadgewer. Hy verlos ons uit die kloue van die bose. Deur Hom het ons vryheid verkry by die kruis.

Liefde.

Wanneer ons geloof en hoop het, sal ons ook liefde hê. God is liefde en deur ons geloof in Hom en ons verlossing deur Jesus wat ons hoop is, is God elke dag van ons lewens teenwoordig by ons. Ons kan in liefde dan teenoor ander mense optree. Ons kan almal vriendelik groet, want God is naby vriendelike mense. Deur die liefde te hê sal ons ook meer respek teenoor mekaar bewys en respek vir mekaar se goete hê. Ons sal dit nie sommer net vir onsself vat of steel nie. Gaan lees weer 1 Korintiërs 13 en wat dit van die liefde sê.

Sonder die liefde maak ons net geraas.

Toodles!

4 thoughts on “Geloof. Hoop. Liefde.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s