Ek kyk na die vrugtebak.

Vrugte van die geesFoto: Pinterest.

Ek sit by die tafel in die kombuis. Voor my is ‘n bak vol vrugte. Suiker soet, sappige vrugte. Druiwe, pere, aarbeie, piesangs, lemoene, kiwi en vele meer. Ek vat een van die pere. Soos ek byt drup die stroop soet sap teen my ken af. Ek vee dit met my mou af en dink. Is dit hoe my geestelike boom se vrug proe of moet ek nog bemesting en water gee?

As ek dink aan die Vrugte van die Gees sien ek ‘n boom met baie verskillende vrugte. Vrugte groter as my hand wat wil bars van soetigheid, en ek wonder of my eie geestelike vrug so lyk. Ek twyfel. Ek is alles behalwe perfek. Ek is bewus van my tekortkominge, maar ek word herinner dat God se barmhartigheid elke dag vir my nuut is tot die dag wat ek my kop neerlê en nie weer wakker word nie of tot die dag wat Jesus kom, sou Hy kom voordat ek sterf.

Liefde.

‘n Aarbei herinner my dat ek altyd God se onvoorwaardelike liefde aan ander moet uitstraal. Die aarbei is amper hartvormig en omdat ons internasionale simbool vir liefde die hart is kan ek dit as voorbeeld gebruik om my te herinner aan die onvoorwaardelike liefde wat God vir ons het. Johannes 3:16. Ek sal kies om die behoeftes van ander voor my eie behoefteste plaas.

Blydskap

‘n Waatlemoen se soetigheid herinner my daaraan dat my blydskap soet moet proe vir ander. Niemand kan ‘n waatlemoen eet sonder om te glimlag nie. Ek sal tevrede wees met dit wat ek het.

Vrede

‘n Appel. Ons kan almal die pitte in ‘n appel tel, maar dit is net God wat die appels in een pit kan tel. Ons kan alleenlik vrede ontvang wanneer ons, ons geloof en vertroue in die Here plaas.

Lankmoedigheid

Die kiwi vrug herinner my aan geduld. Jy moet verseker baie geduld kan hê om ‘n kiwi vrug te skil. Versigtig en geduldig sodat daardie fyn dorinkies nie onder jou vingerpunte gaan sit nie. Die lewe gaan situasies na ons kant toe gooi. Toetse word op ons pad toegelaat sodat ons karakter gesuiwer kan word. Wees ‘n geduldige kiwi vrug.

Sagmoedigheid

Om sagmoedig te wees herinner my aan ‘n sagte perske wat so lekker ruik. Wanneer ons sagmoedig is, beteken dit dat ons uit ons pad gaan om die lewe vir ander makliker te maak. Wanneer jy sagmoedig is teenoor ander gee jy ‘n soet reuk af vanaf jou innerlike karakter.

Vriendelikheid

‘n Piesang herinner my daaraan dat ek moet altyd vriendelik wees. Buiten die feit dat piesangs depressiewe gevoelens teen veg, as jy ‘n piesang gaan dwars draai voor jou gesig sal dit ‘n glimlag vorm. Wees altyd vriendelik. Laat jou vriendelikheid bekend wees aan alle mense. God is naby vriendelike mense.

Goedheid

‘n Pynappel het meer as een gebruik. Die ensieme daarin beveg baie siektes en swamme. Jy kan selfs jou vel afskilfer daarmee. As ek ‘n pynappel wil eet moet ek die dorings rondom afsny. Daarom dink ek altyd aan die skrif in Filippense 3:14. Ek sny my af van dit wat agter my is. Die dinge wat my seer gemaak het soos die dorings van die pynappel. Ek sny dit af en sit dit agter my en ek strek my uit na dit wat voor my is. Die soet suur smaak van die pynappel. Hoewel daar mense was wat my seergemaak het sal ek goedheid aan hulle bewys. Eers gaan dit vir my suur smaak om dit te doen, want my vlees wil dit nie doen nie, maar die prys wat ek gaan behaal wat Jesus Christus is, is soveel soeter en maak al daardie seer gesond.

Getrouheid

‘n Tamatie. Kennis is om te weet ‘n tamatie is ‘n vrug. Wysheid is om te weet om nie die tamatie in ‘n vrugteslaai te sit nie. Ek kan alleenlik wysheid bekom deur die Woord van God te bestudeer en dit van Hom af te bid. Ek sal vashou aan die woord van die Here. Ek sal getrou wees in my geloof aan Hom, want deur dit te doen sal ek die ewigheid saam Hom ingaan en die wysheid nou bekom wat ek nodig het.

Selfbeheersing

‘n Peer. Hoewel ‘n peer baie vroeg ryp kan lyk, as jy te vroeg byt gaan jy agterkom hy is nie so ryp soos hy lyk nie. Daarom moet ons selfbeheersing toepas om nie ‘n peer te eet voordat hy ryp is nie, anders sal jy maagpyn kry. Netso lyk sonde vir ons ryp, lekker en aanloklik, maar ons moet selfbeheersing toepas en nie sondig nie, want sonde sal ons geestelike maagpyn gee en van binne af opvreet. Daarom, as jy nie met sonde breek nie, gaan sonde jou breek.

Hierdie was nou ‘n lekker lang blok en ‘n mondvol. Dankie dat jy gelees het en onthou om vrug te dra.

Toodles!

 

 

 

 

5 thoughts on “Ek kyk na die vrugtebak.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s