Hierheen wil ek die heel graagste reis.

IsraelFotot: Pinterest

Vandat ek kan onthou toe ek op twaalfjarige ouderdom my hart vir Jesus gegee het, wil ek al deur Israel toer. Ek wil loop waar Jesus geloop het. Ek wil staan waar Hy gepreek het. Ek wil staan op die plek waar Hy gekruisig is en ek wil in Sy graf ingaan wat Hy agtergelaat het. Ek kyk tans ‘n reeks op tv oor Jesus en die plekke waar Hy was en die pad wat Hy geloop het. Dit is wonderlik om te dink dat God Sy enigste Seun gegee het sodat ons virewig saam Hom kan leef. Johannes 3:16.

Ek sal ook baie graag wil gaan na die plekke waar Paulus en Timótheüs gepreek het. Miskien is dit net verromantiseer (as daar so woord is) in my kop. Miskien mis ek niks. Miskien is dit vuil. Miskien is dit gladnie soos ek myself indink nie. Of miskien, net miskien, is dit alles en nog meer waarvan ek al ooit kon droom.

Die verste wat ek al ooit oorsee was, was Robbeneiland toe. En ja, dit was ‘n ondervinding insigself. Andersins was ek nog nooit in my lewe oorsee nie. Ek het geen behoefte daaraan om enige ander plek in die wêreld te besoek nie. Griekeland, Egipte, Malta of Frankryk sal interessant wees, maar ek sal nou nie spyt wees as ek dit nooit besoek nie.

My man het ‘n ruk lank in Israel gewerk. Vrugte gepluk. Hy sê ek mis niks, maar ek kan nie help om te wonder nie. Eendag, eendag sal ek wel daar uitkom.  Vir nou troos ek my daaraan dat ek eendag in die Nuwe stad op die Nuwe Aarde gaan woon en heers met Jesus in lewende lywe en ek kan julle een ding belowe; ek gaan sirkels om Hom hardloop sodat niemand van julle by Hom sal kan uitkom nie. Ek deps Hom eerste! 😉 Hahaha!

Waarheen wil jy die heel graagste nog reis?

Toodles!

 

 

9 thoughts on “Hierheen wil ek die heel graagste reis.

  1. Toortsie sê:

    Dit hang af met watter oë jy kyk. Ja, dis droog. Ja, selfs vuil. Warm. Stowwerig. Wonderlik!
    Wonderlik om op die see van Galilea te vaar en te dink, Jesus het ook hier gevaar. Wonderlik om op die berg van Saligsprekinge te wees en te dink, hier het Hy gepreek.
    Oor sommige van die goed twyfel jy, sommige goed gaan net oor die geld, maar daar is genoeg plekke waar jy Hom kan ervaar en beleef dat Hy Hier was.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s