As ek eendag moet terugkyk.

Foto: Pinterest.

As ek eendag moet terugkyk op my lewe, wat sal saakmaak? Wat is die herinneringe wat ek vir myself sal wou agterlaat?

Wanneer ek eendag uiteindelik op my eie kan alleen sit in ‘n sonkamer en besin oor my lewe sal ek op hierdie dinge wil terugkyk.

Ek sal wil onthou hoe ek altyd passievol baklei het vir dit waarin ek glo. Ek sal wil onthou hoe my kinders my liefgehad het al het ek net vyf minute vantevore met hul geraas. Ek sal wil onthou hoe ek die eerste dag gevoel het toe ek besef het ek het my depressie skaduwee verloor en dat die boeie losgemaak is deur Jesus.

Ek sal wil onthou hoe moeilik dit was om my kids groot te kry en op te voed sodat ek die las vir my kinders en kleinkinders kan ligter maak en hulle uithelp.

Ek sal my eerste selfoon wil onthou en die gevoel van verantwoordelikheid wat daarmee saamgekom het.

Ek sal wil onthou hoe ek nooit opgehou het met leer nie. Hoe ek voluit gegaan het om ‘n doel te bereik. Hoe ek alles gedoen het wat ek wou.

Bo alles sal ek ook wil onthou hoe ek in sekere doelwitte gevaal het. Om my te herinner dat ek sonder die Here niks is nie. Dat ek net vlees en bloed is en dat dit net Hy is wat my kan deurdra.

Wat sal jy wil onthou?

Toodles!

7 thoughts on “As ek eendag moet terugkyk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s