‘n Tipiese dag in my lewe.

IMG_2167Foto: Pinterest

Al ooit gewonder hoe ‘n dag in ‘n persoon se lewe lyk? Ek het al baie gewonder hoe dit in ander mense se lewens gaan. Hoe lyk ‘n tipiese dag in ‘n ander persoon se lewe. Ek sal soms in ‘n restaurant sit en die mense bekyk en wonder hoe dit is om hul lewens te leef.
Ons almal het ons eie uitdagings elke dag en raak ons lewens so besig dat ons baie van die klein dingetjies mis. Hier is ‘n tipiese dag in my lewe…

05:00am Lui my wekker en dit is opstaan tyd. Ek kan nou al makliker opstaan as voorheen, maar met die koue raak dit weer ‘n uitdaging. Veral as die kinders en die hubster nog slaap…
05:05 Bybelstudie tyd. Dit vat my so 5minute om mooi wakker te word en tot in die kantoor of kombuis te strompel.
05:30 Of effens later… Koffie maak vir almal in die huis, kinderprogramme opsit vir die kids en die gejaag begin.
06:00 Kosblikke en tasse pak, kinders aantrek, ontbyt gee en die hubster koebaai sê terwyl hy op pad werk toe is.

Ek het op ‘n stadium die kosblikke die vorige aand gepak, maar ek is deesdae so moeg in die aande dat ek net nie myself kry om dit die aand al te doen nie.

07:10 Almal in die kar, laai my assistent Jackie op en laai die kinders by die skool af. By die skool is dit ‘n geskarrel om die kinders by hul klasse te kry en weer tussen die ouers deur by die kar te kom.

Op ‘n Dinsdag en Vrydag gym ek so dan sal ek so net voor 8am gaan gym, want ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde Gees.

09:00 is ek klaar by die gym en is dit weer huistoe jaag om die sweet af te was en die res van die dag aan te pak. Op ‘n Dinsdag het ons 10am Bybelstudie by die kerk so ek het ‘n halfuur om die sweet af te was, want half 10 laai ek vir ouma op.

Tussen 09:00 en 12:00 is dit tyd om my blogs te skryf en artikels vir ‘n nuusblad wat binnekort die lig gaan sien. Ek sal op ‘n Donderdag ook in hierdie tydgleuf my video; wat ek op ‘n Vrydag plaas op my Facebook group, opneem.

12:00 Laai ek weer die kinders op. Maandae en Donderdae eet ons middagete by my skoonma. Die kids speel vrek lekker en ek kry darem ook so klein bietjie kans vir asem skep en ekstra werk.

Ongeveer 15:00 of 16:00 is dit tyd om huistoe te gaan. Dan begin die geskarrel weer van voor af. Kosmaak, kinders bad, eet, kinders in die bed sit en stoei met hul tot hul slaap… Dit vat ongeveer ‘n uur… Uiteindelik is dit tyd om rustig te raak. Op ‘n Dinsdag aand om 19:30 gaan ek gewoonlik LIVE op my Facebook group waar ek saam my kykers kuier om ‘n beker koffie.

Teen die tyd wat die kinders slaap kan ek ook uiteindelik weer rustig raak. Dan sal ek my stories kyk wat nie breinkrag nodig het nie, ‘n koffie of twee drink, gaan stort, Bybel lees en bid en dan snoesig inkruip.

Dit is ‘n dag in my lewe. Lekker besig né!?

Hoe lyk ‘n dag in jou lewe?

Toodles!

6 thoughts on “‘n Tipiese dag in my lewe.

  1. HesterLeyNel sê:

    Hemel ja, waar mens die krag vandaan gehaal het daardie jare met kinders. Ek het drie van hulle grootgemaak, voltyds gewerk en deeltyds studeer. Dit was harde jare, maar alles het tog klaargekom. Deesdae? Ek bly nog steeds besig, maar werk of speel wanneer ek so voel – ek het nie vaste ure nie. Soms gaan dit nog steeds dol, want daar is deadlines en lastige mense, maar dis wat gebeur as jy van die huis af werk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s