Wat is in ‘n naam? ‘n Naam het ‘n betekenis en gewoonlik sal die betekenis van daardie naam nogal iets omtrent die persoon definieer. Elke naam in die Bybel het ‘n spesifieke betekenis en daardie betekenis was aan hul lewens gekoppel. Toe ek en my man ons kinders se name gekies het was ons spesifiek, Nicolaas beteken the people are victorius en Sonicque se tweede naam is ‘Gannah’. Dit is Hebreus en beteken genade.
Nou ja. Net soos name vir mense en diere moet ons ook name kies vir goete en besighede en blogs. Ek het nie ‘n alledaagse blog naam nie en is eintlik so bietjie direk vertaal. Anglesisme? Ek dink dis wat mens dit noem. Anyhoo… Die betekenis agter my blog se naam.
” ‘n Skrywer se blok” ‘A writers block’
Terwyl ek my boek geskryf het, het ek gereeld skrywers blok opgedoen. Dit voel amper soos ‘n kopverkoue, maar sonder die loop neus ens. Wanneer dit my tref kan ek oor niks skryf nie. Nie ‘n woord wil dan uitkom nie. Dan moet ek werk maak daarvan om dit te breek. Soos medisyne drink.
Die beste medisyne daarvoor is dan om iets inspirerends te lees of te kyk en gewoonlik help dit nogal vinnig.
Hierdie blog is ook my blok waarop ek kan skribbel skrabbel al die idees en gedagtes uit my kop. ‘n Plek waar ek kan inspireer en inkleur. Vir hierdie jaar het ek nog maar baie min blok dae gehad. Die muse is goed vir my. 😉
Wat is die betekenis agter jou naam of jou blog se naam?
Toodles!
Jy kan my boek ‘Karoo Vryheid’ direk van my af bestel by: 0763437140 OF sonellvnspeaker@gmail.com
Nog nooit regtig gewonder wat my naam beteken nie. My blog se naam is sommer net oor iets in die natuur, omdat dit die plek is waar ek die gelukkigste is.
Jy sien, dit is iets spesiaal aan jou. 😀
Hello Sonell
Wat is jou eposadres? Ek wil jou graag net n ietsie vra
Groete
Ronel
Hi Ronel, dit is: sonellvnspeaker@gmail.com 😊
Deksels, ek het nog steeds nie daarby uitgekom om jou boek te bestel nie!!! Ag nee. Is dit al by boekwinkels beskikbaar?
Neeee jong! Uitgewers is mos vol drama en betaal die minimum, so dit is vir my beter om dit uit die hand te verkoop en dit te kry waarvoor ek gewerk het. 😉
My blognaam Dis Ekke beteken net hierdie blog is ek, dis hoe ek dink en leef. Die meeste van my blogs handel merendeels oor dit wat ek saam met my gesin in ons persoonlike lewe ervaar. Egoïsties? Natuurlik – ek is ‘n Leo 😄
Hehe, ek kon nog altyd goed oor die weg kom met ‘n Leo. Ek is ‘n kruising tussen vis en waterdraer. 😅
Spirituele dromer, maar ook prakties, dus. Ek glo geen snars van sterrevoorspellings (ek bedoel diè in koerante) nie, maar ek vind heel dikwels dat die eienskappe van die sterretekens haarfyn beskryf watter tipe mens jy is.
Netso. Daardie in koerante en tydskrifte is bog. Ek is defnitief spiritueel, ‘n dromer, prakties en soms kom die kwaste ook uit. 😜 Ek lief jou blog se inskrywings.
Dankie, maar die meeste daarvan is net bog. Ek bewonder jou dat jy deur middel van jou blog probeer om ander mense op te hef.
Dankie* Ek kan soms ‘n snoop wees so om van ander se lewens te lees is baie interessant. 😁
Wanneer lê ons weer eiers?
Dink jy ook dis tyd dat ons weer terugkeer na weeklikse eiers? Die vervolgverhale tap nogal energie. Ek moet net eers hierdie vervolgverhaal afsluit en my April A – Z uitdaging klaarmaak.
Ok sjap. Ja ek geniet die weeklikse eier terdeë 😀
My blognaam is Positief, ek het ophou skryf op my ander blog want my partner het daar gelees en begin skryf aan die een toe ek uitvind hy is HIV positief. So die naam kom van dit af, asook die gesindheid waarin ek prober om dit te verwerk en my lewensuitkyk
Wow, dis amazing. Ek geniet jou inskrywings. Dis rou en hoe mens die lewe vierkantig in die oë kan staar en steeds die silwer rand sien.
Hoe het ek dit reggekry om alles mis te loop? Het nou dadelik jou nuwe blog gaan volg, nadat ek al maande lank oor jou wonder…
Doelbewus die “Tannie”-naam gekies, omdat ek gevoel het dis tyd om vrede te maak met die ouderdom. (Sewe jaar later en ek het nog steeds nie vrede nie!)
Hehe, dit is oulik. Ek is 31 en hoërskool kinders noem my tannie. Ek gee nie om nie, ek is so bewus van hoeveel jongmense nie by die tannie gedeelte uitkom nie. 😉
My blog naam kom van die Namibwoestyn en my liefde vir my geboorteland. en so bietjie omdat ek einlik maar ‘n alleenloper is. Ek het ook my kinders se name spesifiek gekies vir die betekenis daarvan. Ek glo jy spreek dit oor hul uit elke keer as jy hulle naam noem.
So pragtig! Ek stem beslis saam jou. Mens spreek ‘n persoon se betekenis van hul naam uit oor hul wanneer jy dit sê.