Diere maniere.

Hierdie Lillie woef van ons kry nou allerhande maniertjies en ek kan jou verseker hul is nie soet nie. Inteendeel, sy kan nou lekker stout wees. Alles wat sy sien rondlê kou sy. Daarom het ons nou geleer om eerder rondlê goed te bêre en op te tel. Nou praat ek nie eens van die potty training nie hoor! Dit is ‘n absolute nagmerrie…

Maar deur dit alles kan ons ook ‘n waardevolle les leer.

God het ons as mens aangestel om te heers oor die diere van die aarde. Om te heers oor iets of iemand onder die gesag van God, beteken dat jy jou arms beskermend oor die persoon of dier sal sprei en dan die dier of persoon sal liefhê, onvoorwaardelik, en dan op ‘n mooi manier reg help wanneer hul fouteer.

So wanneer ons Lillie iets stukkend byt of vir die soveelste maal op die mat pieps moet ek haar nie in woede tug nie, maar in liefde, so ek gebruik dan ‘n koerant wat skrik maak, maar nie seermaak nie.

Netso wanneer ons iemand wat onder ons gesag is soms moet reg help is dit belangrik om te onthou dat jy ook op daardie selfde onder gesag trappie gestaan het en dan reg help vanuit die perspektief asof jy, jouself reg help. Dit sal help dat jy die persoon in liefde reg wys i.p.v om op ‘n lelike woede manier dit te doen.

Jy kan iemand tereg wys op so manier dat hul na die tyd sleg voel of jy kan dit op so manier doen dat hul beter voel.

Volgende keer as dit jou beurt is om ‘n dier of mens reg te help, dink vanuit die oogpunt van heerser eerder as baas.

Toodles!

10 thoughts on “Diere maniere.

  1. HesterLeyNel sê:

    Lillie is net besig om julle te leer om netjies te wees – tel alles op en bêre. Haha, ek trek jou been, maar dis wat ek my kinders vertel het as hulle kom kla het oor gekoude potlode, modderpote op hulle skoolboeke en skoolklere wat op die grond rondlê. Haai sies, ek was ‘n wrede ma.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s