‘n Gewoonte wat ek wens ek nooit gehad het nie.

Ek is 100% seker dat daar heelwat vroue is wat in dieselfde bootjie as ek is. Ek hou NIKS daarvan om skottelgoed te was nie. Die nagevolg daarvan is dat ek die gewoonte om dit NIE te was nie aangeleer het… Ek pak dit net mooi netjies of pak dit in die skottelgoedwasser en weg is dit. Ek sit nie elke keer die wasser aan nie, want dit is nie elke keer dadelik vol nie.

Ek kan baie maklik eerder tyd saam my kids spandeer of in die bad gaan lê of my man geselskap hou sonder om eens bekommerd te wees oor daardie skottelgoed. Hahahaha!

Dalk is dit omdat ek teveel skottelgoed in die huis moes was. Maar dit sal moet ophou, want ek moet nou my seun van 5 begin leer om dit te doen, so dalk sal dit dan makliker gaan as ek dit saam hom doen i.p.v om dit alleen te moet doen terwyl almal voor die tv ontspan.

Cleanliness is next to Godliness right?

Toodles!

Jy kan my boek; Karoo Vryheid, by my bestel. sonellvnspeaker@gmail.com

15 thoughts on “‘n Gewoonte wat ek wens ek nooit gehad het nie.

  1. HesterLeyNel sê:

    ‘n Skottelgoedwasser is ‘n noodsaaklike implement as jy klein kindertjies het. My laaste een het in die laaste jare net gebruik wanneer my seum kom kuier het. Dit het so ‘n jaar gelede afgesterf, maar ek gaan dit nie vervang nie – dis net nog ‘n ding wat ek moet saamtrek.

  2. travel460 sê:

    Ek doen ook daardie ding, pak die skottelgoed netjies in die wasbak TOT DAAR LATER NIKS MEER PLEK OORBLY NIE! Die vuil skottelgoed pla my glad nie, gooi sommer maklik ñ doekie daaroor tot Ester weer opdaag.

  3. Toortsie sê:

    Ek pak ookdie masjien vol en wanneer dit eers vol is, sit ekdit aan. Ek was net een keer per dag, of selfs een keer in 2 dae die goed wat nie in die masjien gewas kan word nie. Water is skaars, jy weet. 😂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s